,
AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek André SwiegersTot ongeveer ses jaar gelede was Swiegers eerder bekend as songwriter vir 'n verskeidenheid van kunstenaars in Suid-Afrika. Sy eerste deurbraak het gekom in 1990 toe Laurika Rauch sy song Blou opgeneem het en 'n treffer daarvan gemaak het. Hy was ook betrokke as medeskrywer van talle Coleske-treffers, waarvan Take me where the sun is shining tot dusver die grootste was. Die song het die nommer-een posisie op die charts bereik in lande soos Denemarke en Oostenryk, en het ook baie goed gevaar in Duitsland wat gereken word as die derde grootste musiekmark ter węreld (naas die V.S.A. en Japan). Take me where the sun is shining is ook onlangs aangewys deur SAMRO as een van die twaalf grootste treffers van die R.S.A. vir die afgelope veertig jaar. Aphrodite, die ander groot Coleske-treffer (waarvan Swiegers ook mede-skrywer was), is twee jaar gelede as een van die tien grootste treffers van die jaar in Suid-Afrika aangewys. Dan was daar ook nog die songs Share my life, Vanishing point, Life is going on, Kevin, Faith in Love, ens. waarby Swiegers betrokke was. Ander kunstenaars soos Theuns Jordaan, Richard en Lochner, Danie Niehaus, Rina Hugo, Juanita du Plessis, Cutt Glass, Pieter Smith, Mathys Roets, Georgia, ens. het ook reeds van Swiegers se materiaal gebruik gemaak. André-self het reeds vyf albums agter sy naam: |
Musiek |