Insig kondig onlangs aan: "Zoid - Gelukkig, gelowig, getroud." Mmmmm. Weird om Zoid soetsappig te hoor sing "you're my man" op Reason. En op The Devil Doesn't Dig It en Lift Me Up blyk dit dat die liefde en die redding redelik verweefd is. 'n Ge-skinnery ter syde - Kaapstad is een verbysterend heerlike rocknroll jam. Stuck in a Small Room is flippen lieflik - die soort song wat jy dalk op mp3 vir 'n liefding wil vonkpos. Ander hoogtepunte is Guy From the Beer Commercial waarop sy daai hees stem gooi dat jy sidder; die punkerige Scumbag is 'n Loser (aansteeklike ritme, maar die lirieke wil mens soms jou oë laat rol); en die fenomenale balade Mascara. Jislaaik - wat kan ek sê - ek is nie 'n fan nie, maar na 3 luisters het sy my gekoop.
Koop / Buy Media....