,
AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Jong jazzorkes se debuutDie eerste openbare optrede van 'n nuut-opgeleide jeug jazzorkes gaan die finale item opvoer by die Kunstekaap Jeug Jazzfees by die Kunstekaap-Teater op Saterdag, 13 Augustus. Die groep van 12 is in Junie gekies tydens oudisies wat deur erkende jazzkunstenaars soos Duke Ngcukana, Sylvia Mdunyelwa en George Werner beoordeel is. Hulle is sedertdien, onder die wakende oog van Werner, onderwerp aan intensiewe musiekslypskole, repetisies en meesterklasse. Dit is die tweede Jeug Jazzfees sedert Kunstekaap in 2003 'n jeug jazzprogram suksesvol van stapel gestuur het. Verlede jaar se fees is weens die brand op die Teaterverhoog gekanselleer.Volgens Werner, artistieke bestuurder, is die nuut-opgeleide groep 'n ware weerspieëling van die Wes-Kaapse demografie. "Hulle kom van Atlantis, Muizenberg, Kaapstad-sentraal, Guguletu, Heathfield, Penlyn-landgoed en Lotusrivier. Hulle ouderdomme wissel van 16 tot 25 jaar. "Die klem van hulle repertoire is op Suid-Afrikaanse jazz, maar sluit ook ander vorms van die gewilde musiekgenre in," sę hy. Die voorprogram vir die groep se debuutoptrede word verskaf deur vier gevestigde jeug jazzgroepe, insluitende bekende name soos die Little Giants en die Belhar Music Collective, sowel as nuwelinge, die Kyle Shepherd Trio en die Levites van Atlantis. "Die Kunstekaap Jeug Jazzfees is 'n toonkas geleentheid waar die room van die provinsie se jeug jazzorkeste in 'n konsert speel wat hulle toegang tot die professionele jazz-arena kan bied," sę Marlene le Roux, Kunstekaap se direkteur van gehore-ontwikkeling en kunste. "Ons het die nuwe jazz-ensemble gestig om jong ontluikende musikante aan die streng vereistes van die professionele verhoog bloot te stel. Dié opvoering kan baie nuwe deure vir hulle open en bevorder ook kruisbestuiwing tussen verskillende orkeste wat kreatiwiteit aanhelp. "Kunstekaap is daartoe verbind om plaaslike talent te ontwikkel. Ons vorige Jeug Jazzfees het bewys dat daar 'n groot poel plaaslike talent bestaan wat vertroetel moet word," sę sy. Die Fees begin om 15:00 (3 nm) op Saterdag 13 Augustus by die Kunstekaap-Teater. Kaartjies kos R30 elk en is beskikbaar van Kunstekaap Bel-'n-Sitplek Tel: (021) 421-7695 of Computicket http://www.computicket.com. * Die nuwe groep bestaan uit Lee Gelderbloem (20) van Punts-landgoed, William Jacobs (25) van Atlantis, Tshepo Puoane (19) van Muizenberg, Jamie Forbes (24) van Kaapstad, Byron Willenberg (25) van Woodstock, Lwanda Gogwana (19) van Oos-Londen, Chris Engel (18) van Penlyn-landgoed, Luke Saville (19) van Lotusrivier, en Andiswa Yohane (17), Khaya Mkeleni (17) en Sisonke Xonti (16) van Guguletu. Die program, wat deur Werner gedirigeer word, sluit bekende items soos Stimela deur Hugh Masekela, Shosholoza deur Themba Mkize en Anthem for a New Nation deur Abdullah Ibrahim in. |
Musiek |