Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Edith Leerkes

Vanaf die oomblik dat Edith Leerkes as elfjarige meisie op die kitaar verlief geraak het, het sy weinig anders as kitaarspeel gedoen. Sy het klassieke kitaar aan die Twentse Conservatorium studeer onder Louis Gall en in Spanje onder Ernesto Bitetti. Sedert 1981 het sy in verskeie ensembles gespeel voordat sy in 1987 lid geword het van die Amsterdamse Kitaar Trio. Met dié Trio het sy oor die hele węreld opgetree, onder andere in die Concertgebouw in Amsterdam, Carnegie Hall in New York, Ambassador Auditorium in Los Angelos en die Casals Hall in Tokio. Hulle CD opnames sluit musiek in van Bach, Scarlatti, Albeniz, De Falla, Bizet en Prokovief. In 1992 het die Trio as gaskunstenaars opgetree by 'n galakonsert van Herman van Veen. Dit was die begin van 'n samewerking wat gelei het tot Edith se uittrede uit die trio en voltydse samewerking met Van Veen sedert 1998. Saam met hom het sy 'n CD en televisieprogram, Du bist die Ruh, oor Franz Schubert, geskryf en geregisseer. Verdere gesamentlike opnames sluit in Colombine en de Stemmendief, 'n musiekspel vir kinders; Nu en dan, 'n audiobiografie oor Van Veen; Je zoenen zijn zoeter, 'n CD met sigeuner jazz saam met die Rosenberg Trio. In 1999 het sy saam met Olga Franssen A certain tenderness opgeneem. Die CD bestaan uit liedjies van Herman van Veen, verwerk vir en uitgevoer op twee klassieke kitare. Tydens Herman van Veen se toer na Suid-Afrika in 2001 het sy gehore beďndruk met haar passievolle spel en virtuose tegniek.



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner