Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Nuwe Dag

Uiteindelik na drie lang jare verras Robbie weer met 'n splinternuwe album Nuwe Dag. Sy gereelde aanhangers kan nie meer wag om sy nuwe voorkoms en uitstaande stem op sy splinternuwe album te hoor nie.

Vir al die aanhangers is daar groot verrassings met nuwe snitte, spesiaal vir hom geskryf. Van die nuwe snitte vorm 'n steunpilaar van wat ons nou en in die toekoms van Robbie sal hoor.

Met sewe suksesvolle albums agter sy naam en steeds goeie verkopers van sy kleintyd af kan 'n mens net voorspel dat Robbie nog groter hoogtes gaan bereik as hy sy volwasse era betree. Daarvandaan die titel van sy nuwe album Nuwe Dag. Met treffer snitte soos Nuwe Dag, Alleen, Skoenlapper Girl, Jy's 'n wenner, Games people play, Footloose en Jayhden gaan die publiek voorwaardelik verras wees met dit wat 'n meer volwase Robbie Klay nou aan sy aanhangers bied.

Robbie is onlangs gesien in die reeks Amalia, wat een van die dae met die opvolg reeks begin waar hy weer as Buks te sien is. Tans is Robbie ook te sien in timeless 'n suksesvolle produksie wat landswyd optree waar hy in 'n musiekblyspel ook as sanger en danser sy talente tentoonstel.

Hy is een van ons land se gewildste kunstenaars en doen ongeveer 150 vertonings per jaar. Hy betower oud en jonk met sy sangtalent en deurkruis die land met sy konserttoere.

Sy TV-optrede op Felicia Mabuse-Suttle se program het die land aan die praat gehad en hy het dit opgevolg met nog 'n suksesvolle kuier in haar ateljee.

TV-programme waarop Robbie verskyn het sluit in Breakfast Club, Geraas, Two ways, Kids Can, KTV Power edition, X-attitude, Yotv, Noot vir noot, DKNT, Star Search, Dis hoe dit is met Steve Hofmeyr en Stoute Boude, Liriekeraai en Amalia.

Robbie spog met 'n nuwe voorkoms en is aangewys as GOLDEN MODEL OF THE YEAR 2002.

Die toekoms van Robbie Klay lyk belowend en hy gaan baie harte verower met sy persoonlikheid en liefde vir sy medemens.

Vir enige media navrae of besprekings:
Fred Meintjes 082 893 5726 Of 012 567 1707
querida@absamail.co.za



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner