Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Alles in een glas

Op Alles in een glas, maak die musiek 'n Kaapse draai van Mosselbaai tot in die ou Wes-Transvaal. Liedjies soos Drie Pikkewyne, Matieland, en Jakkie Louw se groot treffer, Rambo die Polisiehond, sál jou oor en oor laat luister. Vir ekstra skop is nie net Anton Goosen in 'n duet ingespan om sy eie Pampoene op die Dak sáám met Jakkie te sing nie, maar daar is 'n ietsie ekstra in dié Goosentreffer ingeblaas. Rooiwyn en Savanna, en 'n Bottel Tas is mos hoe mens wil Party in die Wes-Transvaal. Daar is die Lady van Danville, Engel van My, en die storie van Jakkie se oorlede boetie, Reën in die Kaap!

Op Alles in een glas sit vinnige ritmes lewe in loslit Afrikaans lirieke. Dis lekker goeie ou rock 'n roll, met witwarm kitare! Beslis nie musiek wat jou op die rusbank onder 'n kniekombersie gaan hou nie! Dis musiek met 'n beat, wat jou hart laat klop en die bloed vinnig deur jou are jaag!

"Ek is mal oor rock!" vertel Jakkie opgewonde. "Maar ek wil musiek maak waarvan mý mense hou! Ek wil 'n brug bou waarop alle Afrikaanses kan dans van Pofadder tot in Pretoria sonder om enigiemand op die pad te verloor!"



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner