Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek
Danièle Pascal

Liefde vir Danièle Pascal

Haydee Hollander

Chansonnier Danièle Pascal vier vanjaar Kersfees by the Glenafric Wildreservaat in Broederstroom buite Pretoria waar sy ook gaan optree. Dit is die eerste maal dat die Fransgebore Pascal dié deel van die land besoek en sy is baie opgewonde aan die gedagte van 'n bos-Kersfees.

"Like most people who celebrate Christmas, the French  share this beautiful time of the year with their family, As for me, when I lived in Southern Provence, I remember leaving my shoes by the fireplace to be filled with gifts from father Christmas and in the morning I could find, sweets, fruit, nuts and small toys hung on the tree. On the cathedral square, the story of Christ's birth was re-enacted by players and puppets and of course beneath the warm Mediterranean sun we must not forget that eating in Provence is a national pastime. So, with my family, I would eat and share time with them on the farm of my grandparents. As Charles Dickens once said, 'I will hold Christmas in my heart and try to keep it all the year'."

Pascal is opgelei as aktrise by die Conservatoire National D'Art Dramatique in Parys waar sy kennis gemaak het met die groot Franse en Griekse dramaturge. Sy beskou haarself nie soseer as sanger nie, maar eerder as raconteur. "Ek verplaas my gehoor na wêrelde van intense melankolie en liefde. Liefde in al sy fasette is tog die spil waarom alles draai."

Gehore assosieer Pascal met die musiek van Edith Piaf en Jacques Brel. Ek wou by haar weet waaraan sy dit toeskryf. "Seker maar omdat ek Franssprekend is asook die ooreenkomste wat daar tussen Frans en Afrikaans bestaan. As my vertonings die musiek van dié legendes vir gehore toeganklik maak, is dit 'n bonus. Maar jy kan nie 25 jaar oud wees en Piaf sing nie, ek is nou die regte ouderdom. Piaf was op haar magtigste toe sy sieklik en sterwend was en soos Piaf, wil ek gehore laat huil selfs al verstaan hulle nie my taal nie."

En dit kry Pascal inderdaad reg. Die langverwagte album Hymne A L'amour - The Songs of Edith Piaf (vertaal as Ode aan die liefde) in samewerking met Sergio Zampolli en Liza Joubert (verwerkings) is Pascal se eerste volwaardige Piaf album. Die Leonard Cohen album, Dance me to the end of Love, (1995) geniet internasionale status as een van die beste huldeblyk kompilasies tot op datum. Danièle het die voorreg gehad om saam met enkele van die ikone wie se werk sy bewonder (én sing) saam te werk, mense soos Cohen, 'n tydgenoot uit die sestigerjare. Sy is ook 'n groot bewonderaar van Marianne Faithfull.

Haydee: Leen die titel van jou vertoning Vagabond by Marianne Faithful se liedjie My Vagabond Ways?

Danièle: Ek verstaan hierdie sangeres baie goed. In Engeland word daar na haar as die Engelse Piaf verwys. Haar lyding was onbeskryflik groot maar sy het teruggeveg. Ek is ook 'n persoon van 'geen vaste adres'.

Haydee: Jou opleiding as aktrise het baie gehelp met jou vertolking van die dwelmverslaafde Faithfull in die stuk Fallen Angel?

Danièle: Ek het so goed moontlik voorberei, selfs gewig aangesit om ook fisiek soos Faithful te lyk. Na afloop van die speelvak moes ek die gewig verloor (iets waarmee ek steeds sukkel) maar die stuk het my ook erg teneurgedruk gelaat. Op aanvraag sal ek dit nog doen, veral by skole.

Haydee: Nagklubsanger Yves Montand het gesê Piaf was op haar beste wanneer sy dolverlief was of 'n gebroke hart had. Liefde was vir haar alles wat rein en eenvoudig was. Wanneer is Pascal op haar beste? Ook wanneer sy gelukkig en verlief of dalk seergemaak is? Is die prys van liefde bitter trane of bitter-soet melodie?

Danièle: Ek het al baie trane weggevee ja, wie het nie? Die letsels wat jy opdoen, is 'n bewys van lewe, van 'n begrip vir hierdie wêreld. My werk is my passie en ek stort al my energie in my vertonings. My verhouding is met my gehoor.

Haydee: Identifiseer jy met Piaf se spiritualiteit? (Edith Piaf het geglo dat 'n prostituut se gebede vir St. Thérèse haar (Piaf) blindheid as kind genees het.)

Danièle: As ek sing, is ek in voeling met die waarheid, ervaar ek 'n goddelike nabyheid. Ek veronderstel in Suid-Afrika word ek beskou as 'n ernstige sanger maar ek glo in erns van die hoogste graad, in gestruktureerde ligsinnigheid (die skool van Molière), in 'n openbare kultuur as jy wil. Ja ek is spiritueel, ek dink ook mense besin deesdae meer hieroor en dink ernstig na oor hul eie lewens.

Haydee: Jy verkies om jou albums in Suid-Afrika te laat sny ook om werkskepping te ondersteun?

Danièle: Ook omdat ek hier groter toegang tot simfonie orkeste het. Ek is hier gesetel en werk hier dus maak dit sin om die albums hier op te neem. Ook is van die land se beste fabrieke (met Duitse ingenieurswese) in Midrand. Die hele produk is vir my belangrik: die sny, opname, vermenging, ontwerp en redigering.

Besoek gerus Pascal se (Suid-Afrikaanse) webwerf www.danielepascal.co.za vir inligting rondom optredes en beskikbare albums of skryf aan Eugene Lebreton:
Eugene Lebreton Entertainment & Events entertainment agents & music managers, arts administrators & consultants, conferences & events managers, staging-sound & lighting, translations/Interpreting, publicity/media liaison, music publishing, cd distribution, music licensing & clearances
Box 2841 Durbanville 7551 Cape Town South Africa, Tel:  021-975 2566, Fax: 021-975 6088
E-mail: lebreton@intekom.co.za
Incorporating: Leo Productions/ Crazee Records/ Villa Pascal-House of Music

(foto met vergunning van Eugene Lebreton)


Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner