AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() Nuwe rock talent op die horison - OrkezE SwanepoelEk het die afgelope ruk so baie van 'n nuwe Afrikaanse Rock band gelees wat hulself Orkez noem, maar ek weet nie wie hulle is of waar hulle vandaan kom nie. Ek gaan websurf gereeld en dog toe ek sal hulle probeer opspoor om te kyk wie hulle is. Ek lees toe meer oor Orkez op hulle website sien toe selfs op 'n paar musiek websites is hulle onder die top 10 van SA Bands. Dit was vir my baie snaaks dat ek hulle nie ken nie en ek download toe 'n paar van hulle songs. Ek luister toe en dog, maar hierdie musiek klink nie Afrikaans nie. Hierdie musiek is iets wat ek nie aan gewoond is nie en nog nooit van gehoor het nie. Ek wil meer hê! 'n Paar dae later ry ek deur Johannesburg en ek luister gewoonlik na een van die Univeriteit-stasies in my kar en ek kon my ore nie glo nie toe ek 'n ander song van Orkez op die radio hoor speel (Oud wees). Nie net was hulle styl beter met hierdie song nie, maar die lirieke het my weg-geblaas. Funky riffs, 70's melodië en 'n beat wat heeldag in my kop was. Met my ore gespits hoor ek dat hulle daardie selfde week live op die stasie gaan wees vir 'n onderhoud en ek skryf dit sommer dadelik in my dagboek. Ek skakel die dag toe in en luister aandagtig hoe hierdie ouens praat. "Orkez speel oor dinge wat saak maak in die lewe" is wat gesê is. Hierdie ouens wil musiek maak vir mense wat Afrikaans in hulle bloed het. Orkez is nie jou alledaagse Afrikaans groep wat wegskuil agter die verlede en sing van perde en pampoene nie. Orkez speel unieke rock musiek waarna jy kan luister en relate. Wel, ek hoor toe hulle speel by Maloney's in Johannesburg en ek belsuit ek moet hulle live sien. Die show begin met 'n glyende kitaar en ek dink weer - hulle kan nie Afrikaans wees nie, want dit is nie hoe Afrikaanse mense is of hoe hulle musiek maak nie. Die beat begin en ek word weggevoer na 'n ander tyd. Vier ouens staan op die verhoog en speel hulle instumente met soveel passie asof daar nie 'n more is nie. Ek spring op en af en elke song wat gedoen word is beter as die vorige een. Die mense skree en ek dink, dis asof ek in die 70's is en ek sien 'n rock band vir die eerste keer omdat daar nog nooit so iets was nie. En dis presies wat Orkez is - iets wat nog nooit daar was nie. Unieke musiek, ongekoppelde talent en ouens wat regte egte musiek wil maak. As ek dit al gesê het gaan ek dit weer sê, hulle kan nie Afrikaans wees nie, maar hulle is! Daar is baie bands daar buite maar hulle klink of kwaad vir die wêreld of hulle kan nie musiek maak nie. Aan die ander kant het jy die algemene Afrikaanse treffers wat geen jong mens na wil luister nie. En hier, net toe jy gedink het dinge gaan nooit beter raak nie, kry ons Orkez! Kyk uit vir hulle - hulle gaan julle wegblaas! Download samples van hulle tunez hier: |
Musiek |