Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Werner Muller

Werner Muller, 'n inwoner van Centurion het sopas sy debuut CD Elke Mens in 'n stampvol Centurion Teater bekend gestel. Die CD bevat 10 snitte wat wissel van lekker dansmusiek tot meer ernstige ballades.

Vier van die snitte op sy album, Elke mens, Ek weet dat ek weet, Engel van my hart en Meisie van my drome, kom uit sy eie pen. Daar is ook 'n nuwe vars dansklank gegee aan 'n ou bekende liedjie van Johan Stemmet, Tina is weg, wat beslis 'n groot treffer op die dansvloer gaan wees.

Ou ou liedjie is beslis 'n liedjie wat uitstaan bo die res omdat ou Afrikaanse liedjies se lirieke gebruik is, maar met 'n nuwe klank getoonset is. Dit is 'n liedjie wat baie gewild onder gehore gaan word en is spesiaal vir Werner geskryf.

Boksburg Blues wat geskryf is deur Anna Swanepoel is 'n liedjie wat by oud en jonk aanklank sal vind en handel oor die lekker lewe in Boksburg.

Leë beloftes geskryf deur Jeandre Hartman is 'n baie diep liedjie wat handel oor geliefdes wat beloftes verbreek aan mekaar.

Jy is die rots wat ook bekend gemaak is deur JJ Stephens kry ook 'n nuwe klank op die album en 'n mens se voete juik sommer as jy dit hoor en wil jy sommer enige iemand na aan jou vir 'n draaitjie op die dansvloer vat.

Ek weet dat ek weet en Hulle sê is potensiële treffers en behoort groot gate in die dansvloere te laat. Die produksie is behartig deur Jeandre Hartman terwyl Bobby Louw, Mariette Labaschagne en Johan Rautenbach vir die finale afrondingswerk gesorg het.

Elke Mens is 'n puik album,met lekker musiek en baie tyd en moeite is gedoen met die produksie werk en die album gaan sorg dat Werner nog diep spore in die musiekbedryf trap en dit wys waartoe hy regtig in staat is.



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner