AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() Album 3Toast CoetzerNie die eerste band wat nie aan 'n albumnaam kon dink nie, dis vir seker. Maar dit maak weinig saak, want as jy 'n volle 17 liedjies (dalk te veel, dit sou kon doen deur 3 of 4 te snoei) later die einde van die album bereik, dan besef jy dis 'n onmoontlike taak om die magdom temas, verwysings, woorde, pleidooie en emosies wat hier deur Pretoria se keurigste sestal (wat nie in 'n skrum sak nie) uitgestal word in iets kort en snappy soos 'n albumtitel vas te vang. Jy't seker al Vervang eindeloos op MK89 sien roteer, so kom ons maak dit ons ingangspunt. John-Henry Opperman se song (soos voorheen deel die vier hooflede die songwriting tussen hulle) dié, 'n totally befokte, meesleurende song oor die verlies van 'n geliefde. Nie swaar aan lirieke nie, maar elke reël hier tel en die koor is groot en dawerend en epies (soos '24 uur') - ek kan nie wag om die radio aan te sit en dit toevallig te hoor nie. Marie-Louise Pretorius se Skree volg kort hierna en onmiddellik ontdek jy weer waarin baie van Klopjag se bekoring - vir musiekliefhebbers van 'n wye spektrum - lê. Die groep se veelstemmigheid hou jou kop aan die gang, tyd vir verveeld rondsit is daar nie. Skree is 'n lekker pissed-off meisie lovesong, 'n polaroid wat nog droogword tussen wapperende vingers van 'n verhouding wat nie weet waarheen dit moet ontwikkel nie. Nou ja, ons was al almal daar. Salmon de Jager het dalk die mees onkonvensionele stem in die groep, 'n dieper klank geskik vir donkerder, atmosferiese songs (soos 'Rol van die dice') en sing-along proklamasies soos Nie langer se breëbors ligte politiek van 'n Afrikaner wat gatvol is om die blaam te dra en net vra dat die regering verantwoordelik omgaan met hulle mense. Al die tekens begin nogals met 'n classic: "ek moes jou nog bel en sê ek is jammer, maar toe stop ek by die robot en koop 20 hangers." Kwaai, only in South Africa. Nie sommer iets wat James Blunt sou gesing het nie. Totally great viool ook in hierdie song. Dawie de Jager doen 'n volle vyf liedjes op Album Drie, 300ste maal wat vroeg reeds gemaklik uit die luidsprekers rol, As dit reën se ligte kitaar-en-mondfluitjiespronge, Houtskool ook ewe mooi: "Skryf vir my jou hartseer reguit op 'n papier sonder lyntjies". Hy's dalk die Klopjagste van al die lede (net soos Giepie van Zyl die mees OP-ste van die OP-span was in die laat 80s), dis asof sy liedjies in die middel staan, die deel waar die ander se rooi, blou en geel filters oorvleuel om 'n gemeenskaplike verwysingspunt te verskaf aan die diversiteit elders te bespeur. John-Henry (ook vyf songs op die album) speel hipnotiese klavier en sing op die weemoedige Val, wat iewers langs die pad uit die as opstaan en iets hoopvols word. Boks weer is 'n huppelende nommer, Deel 2 'n lekker sad bastard song oor die einde van die nag in die kroeg wanneer dronkverdriet jou beetpak en "die barman skud net sy kop" wanneer jy hom vir 'n laaste drink vra. Ja, Klopjag het 'n gawe vir woorde ("jy's die ogiesdraad om my hart" - 'Liesl'), maar wat hulle 'n kortkop voor meeste van die ander in die Afrikaanse poprock-stal gee, is hulle vermoë om deurentyd toeganklike, luisterbare musiek te maak sonder om jou ooit te irriteer deur opdringerig te raak. Met Klopjag klink dit of hul liefde vir musiek belangriker as die groep is (soos dit moet wees) en die belange van die groep dan ook voor dié van die individue kom. Balans (al weer daai befokte viool) en 'Bel my' bring dinge byna 'n uur en 'n kwart later tot 'n einde: "Ek ruik die donderweer in die wind, Mooi. Sommer net. Meer oor die 'Jagters' op www.klopjag.co.za
|
Musiek |