AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Wat gaan aan met Afrikaanse musiek?KlikkiesDit lyk my ooral waar jy gaan hoor jy net verskriklike dom Afrikaanse musiek! Dink mense daar buite dat ons wil luister na boeremusiek met 'n bietjie beat of wil na vrouens kyk met vals hare? Ek stap by 'n CD winkel in en gaan kyk op die Afrikaanse rak wat daar is om te luister. Al wat ek op die covers sien is ou mans in klere van 1925, of vrouens in bikinis en titels soos 30 Sokkie Treffers en Bosveld Hits! Ek weet nie van julle nie maar dit is nie wat ek wil luister nie. Ek skaam my vir hierdie Afrikaanse musiek wat ons jongmense aan blootstel en op ons geforseer word. Ook, wat gaan aan met al hierdie groepe wat groot word omdat hulle 'n cover van 'n ou song doen. "Hiers ek weer, hiers ek weer..........blah blah blah. As dit nie genoeg is dat ons al hierdie gemors musiek het nie, dan doen hulle nog covers van musiek wat nie eers 50 jaar terug moes gedoen gewees het nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, dit beteken nie dat hulle nie goed is nie, en ek haal my hoed af dat hulle probeer, maar komaan...... ons soek iets beters as dit. Daar moet tog iemand in SA wees wat dit groot kan maak met musiek vir die jongmense van Suid Afrika. En ek sien tog so bietjie lig in 'n baie donker tyd. Daar is twee bands wat miskien die dinge kan verander. Ek het onlangs na fokofpolisiekar gaan kyk en daar begin nou iets beter klink. Dis iets wat meer in my lyn is. Vir party mense kan hulle dalk te veel raak maar hulle blink uit in 'n land waar Afrikaans musiek agteruit gaan. Goeie oorspronklike musiek. Ek het ook gaan rondsoek vir Afrikaanse Rock en op ouens afgekom wat hulleself Orkez noem. Nou hier is iets wat ek nog nooit gehoor het nie! Dis mos nou meer wat ons soek, goeie Afrikaanse Rock met styl. Orkez het die goeie lirieke, lekker tunes om na te luister en speel met gevoel. Vier jong ouens wat hulle musiek ernstig vat en 'n band op wie ons kan trots wees. Ek het ook van hulle gelees dat hulle "baie koppe laat draai" het en ek hoop hulle laat al die ander Afrikaanse musikante se koppe ook laat draai. Haal die dowwe blonde vrouens van die stage af, gooi die pampoene op die ashoop en maak plek op die stage vir die twee bands wat moontlik Afrikaans musiek kan red. Komaan Orkez en Fokofpolisiekar, klim op die verhoog en maak musiek vir ons jongmense. Ons wil ook op en af spring en trots wees op ons eie taal so julle beter dit nou groot maak dat ons 'n toekoms kan sien vir Afrikaanse musiek!! |
Musiek |