AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Chris ChameleonChris Chameleon is so verrassend veranderlik en veelsydig as wat sy naam voorgee. In sy nuutste gedaante en met die afskop van sy solo loopbaan kry hierdie verkleurmannetjie meer reg as 'n weermag vol taalbulle. Sy opspraakwekkende debuut CD as solo kunstenaar is Ek herhaal jou. Die lirieke vir hierdie CD is geskryf deur Ingrid Jonker. Regie van hierdie 14 snit CD is behartig deur Theo Crous van Springbok Nude Girls en Kobus! faam. Vergeet van al die pretensieuse Afrikaanse calvynkabaret en gedramatiseerde toonsettings wat jy al gehoor het. Hierdie CD breek deur die grense van tyd en styl. Melodië wat draai en dans in jou kop. Chris het sy loopbaan as `n akteur begin en het reeds op `n jong ouderdom `n DALRO toekenning vir sy toneelspel ontvang. Hy het tussen 1990 en 2000 in meer as 30 televisiereekse ( oa Egoli, Konings, Sonkring, Glaskasteel ), films en videos opgetree. Daarna het die musiek 'monki' gebyt en word hy die plofbare voorsanger en baskitaarspeler vir die bekende monki-punk trio Boo! Na sewe jaar van toere met meer as 800 vertonings in 17 lande, het sy medespelers in Boo! bedank. Chris het nie op hom laat wag nie en het dadelik sy nuwe kleure ( voorheen die klere in Boo! ) begin toon. Chris Chameleon het huistoe gekom om sy herkoms te vier met die bekendstelling van sy eerste Afrikaanse werk: Ek herhaal jou is `n toonsetting van die gedigte van die ikoniese sestigers digter Ingrid Jonker. Chris het twee jaar gelede tydens `n Boo! toer in Nederland `n dokumentêre program oor Ingrid Jonker gesien wat hom dadelik begeester het. Aan die begin van 2005 het die vervaardigers van die Sewende Laan sepie hom gevra om te werk aan `n optrede van getoonsette gedigte. Ingrid Jonker was vir Chris `n logiese keuse. Chameleon slaag met hierdie werk daarin om die digkuns van Ingrid Jonker op 'n modern toeganklike en sensitiewe wyse weer te gee. Die wysies is verslawend. Ek herhaal jou van Chris Cameleon word uitgereik deur Rhythm Records en versprei deur Select Music Distribution. |
Musiek |