AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Witwarm Orkez![]() Frederik GoosenAfrikaans is aan die brand sê ek vir jou. Waar is daai oompies met die boepense wat op die lazy boyz sit, en die wat met 'n lat in die hand voor vandag se jeug staan en verkondig dat Afrikaans besig is om dood te gaan. Kom by! Maak oop jou oë en ore en beleef die revolusie wat besig is om te gebeur in die Afrikaanse taal. Elke Afrikaner kan trots wees op die hordes nuwe talent wat besig is om sy kop uit te steek en die hoeveelheid Afrikaanses wat bereid is om hulself uit te leef in wat ek klassifiseer "vernuwe Afrikaans". Niks meer van daai voorgeskrywe "profesoor - wortel innie hol" korrektheid nie net lekker self wees Afrikaans, lekker se wat ek wil Afrikaans, praat en sing oor moderne issues Afrikaans, "vernuwe Afrikaans". Ek weet daar is al baie gesê oor die Afrikaanse groep Orkez maar tog kan ek nie my lus demp nie. Ek soek meer, en meer, en meer! Dit voel dan so reg as Afrikaner ek in die Blues Room sit en luister na die outfit tussendeur opregte ingilse bands, as Afrikaner ek hard kan saamsing, tussen opregte Ingilse, in die taal wat vir te lank sinoniem is met die kak wat my voorouers aangejaag het. En ek hoef oor niks "skuldig" te voel nie, en ek hoef veral nie "kommin" te voel nie. Hierdie ouens gaan in my beskeie mening 'n baie groot rol speel in die toekoms van Afrikaanse uitvoerende kuns en as jy hulle nog nie gesien het maak 'n plan. Ek dag toe ek vind bietjie meer uit oor die manne se doen en laate en trap toe die groep vas na hul gig by die Blues Room gisteraand. Ek : Hoe kry julle dit reg om die mense so involved te kry? Orkez : Ons dink dis belangrik om 'n positiewe boodskap uit te stuur waaraan meeste werkende klas Afrikaners kan relate. Dis so maklik as kunstenaar om oor jou eie issues te skryf en ons glo nie dis noodwendig wat Afrikaners wil hoor nie. Daar is genoeg slegte nuus in die koerante elke dag. Ek : So wat is julle planne vir die nabye toekoms? Orkez : Jong ons gaan dit vir 'n rukkie rustig vat en werk aan die finalisering van nuwe materiaal. Ons het nie heeltemal verwag dat ons so goed ontvang sal word nie en moet bietjie terugstaan en besluit oor ons aktiwiteite vir die res van die jaar. Ek : Enige record deals? Orkez : Ons glo nie dat dit op die stadium in ons beste belang is om met iemand te sign nie want ons is bietjie skrikkerig om ons artistiese vryheid te compromise. Ons het almal voltydse werke en geld is nie die hoof konsiderasie wanneer ons besluite maak nie. Ons wil seker maak dat ons die huidige boodskap behou en vêrder bou op wat ons tot dusvêr bereik het. Ek : Nou waar sien ons julle? Orkez : Wel julle kan vir een op 01 Maart na Pitstop TV kyk op SABC waar daar 'n stukkie oor ons gedoen is, ons moes bietjie op-dress en act wat darem nie te moeilik was considering dat ons korporatiewe poste het nie. Ons sal ook seker elke tweede Sondag te siene wees by Back2Basix waar ons aan die back to roots sessions deelneem. Ons hou regtig van wat Ettiene en Franna doen en hulle sal ons continued support hê. Wel daar het julle dit, hierdie manne is hot off the press en beloof om 'n plesier te wees sou jy dit waag om uit jou kassie te klim. Ek kan nie dink dat enige iemand al ooit gewaag het om te lang-arm by die Blues Room nie. |
Musiek |