AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() Wynand WindpompWynand het op jong ouderdom homself geleer om die klavier en kitaar te bemeester. Van kleins af was dit vir hom 'n groot begeerte om eendag in 'n orkes te speel. In 1990 op Stellenbosch Universiteit het hy en Peter Oettle begin om musiek maak. Kort voor lank het 'n derde persoon hom by hulle aangesliut en het hulle bekend gestaan as Another 48 Hours. Baie vinnig het hulle hul merk gemaak as 'n goeie troue en partytjie orkes en die geleenthede het ingerol. Ongelukkig moes Wynand na Worcester verhuis waar hy saam met Manie Mongia bekend gestaan as No Strings Attached. Later in Hermanus begewe hy homself in die "Bandscene" en begin sing vir Sequence maar verhuis binnekort na Brandvlei waar hy toe saam met sy broer 'n restaurant - Die Windpomp - op die bene bring. Musiek was maar redelik op die agtergrond vir geruime tyd aangesien hy al sy aandag aan sy werk en die boeredery saam sy pa, spandeer. In 2001 verander dinge egter en begin mense ewe skielik baie in hom belangstel en word hy deur die Noordkaap se mense Wynand Windpomp gedoop. Die optredes begin inrol en hy besluit om 'n CD te maak. Wynand kry 'n bekwame span bymekaar en skryf die meeste van sy liedjies self. Die lirieke handel veral oor verlange na die Karoo, 'n windpomp natuurlik, 'n boerenooi en sexy meisie wat teveel van haarself dink en daarom dan, Te ladida soos hy sy CD noem. Sy tweede CD, Soektog, het reeds die lig gesien by die Rittelfees te Vredendal 2005 . Kyk uit vir hierdie een met 15 oorspronklike treffers. Dit beloof om die land aan die brand te speel.
Wynand tree reg deur Suid Afrika asook Namibië op en is besig om vinnig naam te maak. |
Musiek |