Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

CH2

Die jong kitaar duo van Pretoria CH2 stel hulle nuwe CD genaamd Strings Attached vry op die 1ste Maart in die Centurion Teater. Hulle album bevat beide oorsponklike stukke gekomponeer deur die lede Corneille Hutten-Burger en Christiaan Hattingh, asook verwerkings van welbekende liedjies soos Fragile (Sting) en Suikerbos.

Soos die titel ook skimp, was verskeie Suid-Afrikaanse kunstenaars betrokke tydens die opname van die CD onder meer die Soweto Strykkwartet, Rocco de Villiers, David Klassen en Maria-Lorca Montoya van die José Montoya Spanish Dance Theatre om maar 'n paar te noem. Dit is die duo se derde album en Die Soweto Strykkwartet gaan saam met hulle optree tydens die geleentheid op 1 Maart.

'Ons was meer betrokke as ooit tevore!' was die 27-jarige Corneille se antwoord op die vraag oor die CD se klankversorging: "Ons het die warm Suid-Afrikaanse klanke vervolmaak - iets waaraan ons gewerk het sedert ons tweede CD Gut vrygestel is in 2004."

Die sleutel tot die sukses van Strings Attached lê in ure se werk in die opname ateljee, harde werk wat bydra tot die finale produk; 'n mengsel van klassieke musiek, goeie tegniek en energieke Spaanse ritmes wat tot alle musiekliefhebbers sal spreek. Die CD sal tydens die aand te koop wees (R100) en is vanaf Februarie ook beskikbaar by meeste CD handelaars.



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner