Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Jaycee

Jaycee

Blitsfeite
Geboortedatum: 31 Julie 1982
Sterreteken: Leeu
Ouderdom: 23
Bynaam: Jaycee
Familie: Ma, Mari - Pa, Leonard & sussie, Marize (28)
Verhoudingstaat: Single

Dis reg, hierdie 23-jarige gaan nog groot naam maak in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Moenie dat sy looks jou fnuik nie - as hy begin sing sal jy in jou spore stuit met sy kragtige stem wat selfs Josh Groban ongemaklik sal laat voel.

Sy debuutalbum, Ek wil jou hê, is reeds op winkelrakke en spog met 14 snitte in beide Afrikaans en Engels. Jaycee het die titelsnit self geskryf en ander snitte sluit onder meer interessante verwerkings van bekende en minder bekende liedjies in.

Die blondekop is gebore in Vereeniging en sy laerskooldae in Petrus Steyn deurgebring voor hy in Frankfort gematrikuleer het. Na matriek is hy plaas toe waar hy vir twee jaar lank geboer het met perde, beeste en skape.

Musiek is van kleintyd af in sy bloed en hy het aan al wat kunswedstryd en eistedfodd is deelgeneem. Dis in die twee jaar na matriek wat dié singende boer besef het wat hy wil doen. Hy het by 'n sangskool aangesluit en nou is hy hier om te bly!

Jaycee beskryf sy repertoire as Afrikaanse pop en ligte klassieke musiek.

Hy is 'n gemaklike en spontane jong man wat nie bang is om sy mening te lig nie. Hy het 'n goeie sin vir humor en erken niks irriteer hom meer as skeinheiligheid nie. "Ek's gemaklik. Val in by die bus en daar gaan ons," sê hy. As hy nie sing nie ry hy graag perd, kyk DVD's en kuier saam met vriende. "Kuier, kuier, kuier." sê Jaycee.

Watter celeb sal jy graag wil ontmoet?

"Cher. Om op haar ouderdom nog so goed te lyk en klink is ongelooflik!"

Met watter kunstenaar droom jy om 'n verhoog te deel?

"Beslis Josh Groban. Ek is mal oor die big band idee."

Die een ding waarsonder jy nie kan klaarkom nie?

"My vriende en familie."

Iets wat bittermin mense van jou weet.

"My geboortename! En dit mag NOOIT uitkom nie," lag hy.

Gunstelinge
Kleur, Oranje
Drankie, Koffie
Kos, Braaivleis
Fliek, A Walk in the Clouds
TV-program, 7de Laan
Vakansie spot, Die Bosveld
Kledingstuk, Levi jeans

Gee jouself 'n punt uit tien.
Met 10 die hoogste en 1 die swakste vir elk van die volgende:
Bestuur 8
Kook 8
Tuinmaak 8
Skottelgoed 7
Naaldwerk 0
Vogroom gebruik 7

Kies een.
E-pos of poskaart
Brocolli of ertjies
Citi Golf of Ford Ka
Westlife of Robbie Williams
Kit Kat of Crunchie



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner