AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Rudi MullerBlitsfeite Rudi is 'n easy going ou met 'n goeie sin vir humor en bekoor jonk en oud reg deur Suid-Afrika nou al vir meer as ses jaar. Gebore en getoë in Nigel het hy sommer vroeg al die musiek in sy are voel vloei en op die kranige ouderdom van ses reeds aan sy eerste sangkompetisie deelgeneem. Daarna was dit operettes, kunswedtryde en later revue's voor hy in matriek by 'n studentesanggroep aangesluit het. Rudi se vierde album, Voel jy, is vanaf Februarie 2006 op winkelrakke beskikbaar en 'n CD waarop hy baie trots is. Voel jy, spog met 16 snitte waarvan 14 Afrikaans en twee Engels. Slegs drie van die snitte is covers. Die titelsnit van die album het Rudi saam met 'n ou skoolpel geskryf oor 'n glasie gin terwyl hulle eintlik die vriend se troureëlings moes finaliseer waar Rudi seremoniemeester sou wees. "Die album sluit ook 'n duet met Karen Ferreira in. Gerhard Steyn het vir my drie songs geskryf en Joe F een. Die res het ek self geskryf of ge-co-write saam met William Blackrose en Byron Kuntz. Baie van my vriende het betokke geraak by die album wat dit soveel meer spesiaal maak," vertel Rudi. Hy beskryf homself as 'n maklike ou. Nie 'n perfeksionis nie, maar baie krities op homself. "Ek is baie impulsief, kom goed met mense oor die weg, hou van lag en is beslis nie geduldig nie," lag hy. Watter musiek luister jy graag? "Ek hou van U2, Def Leopard, Bon Jovi en Josh Groban. Wye musieksmaak, maar nie groot op country en R&B nie." As jy 'n verhoog met enige kunstenaar ter wêreld kan deel - wie sal dit wees? "U2, Bon Jovi en Celine Dion - een van dié drie." Wat geniet jy as jy nie op die verhoog is nie? "Gholf is eerste prioriteit en vlieghengel." Die drie goed waarsonder jy nie sal kan klaarkom nie? "Lip ice, my selfoon en 'n gholfstel." Grootste verleentheid nog op die verhoog? "Ek het 'n show saam met Juanita gedoen op 'n oop trok toe dit begin reën. Die enigste lig was toe een wat van die pawiljoen af skyn. Ek kon nie lekker my monitor sien nie en slaan toe voor almal neer," vertel hy. Wat irriteer jou grensloos? "Verkeersopeenhopings - dis waar my ongeduld inkom. Ek het die vermoë om altyd laat en ongeduldig te wees," lag hy lekker. Gunstelinge
Kleur Blou Gee jouself 'n punt uit tien.
Met 10 die hoogste en 1 die swakste vir elk van die volgende: Kies een.
Survivor of Amazing Race |
Musiek |