AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Karen
Blitsfeite Sy het naam gemaak in Idols II waar sy onder die Top 7 geeindig het. Dié blondine het beslis nie op haar laat wag nie en die daaropvolgende jaar as wenner uit die stryd getree in kykNET se Zing!-kompetisie vir sangduo's. Dié 20-jarige bondel energie se planne om musiekteater te gaan swot is vir eers op ys. Sy het onlangs haar eerste solo album die lig laat sien, getiteld, Altyd Joune. Altyd Joune bevat 14 snitte waarvan 12 Afrikaans en 2 Engels. Die album bevat oorwegend oorspronklike materiaal en slegs 3 snitte is covers. Karen is born en bred in Pretoria. Sy beskryf haarself as 'n bondel energie. "Ek het altyd energie, lag aanhoudend en kliphard. Verder is ek iemand wat altyd tyd maak vir mense," vertel sy. Sy het 'n duidelike passie vir Afrikaanse musiek en erken dat sy in haar vrye tyd baie meer na Afrikaanse musiek luister as na internasionale kunstenaars. "Ek hou van my Steve, Kurt en Nicholis en dalk so bietjie Enrique en Coldplay," sê sy. As sy 'n af-tydjie het kuier sy graag saam met pelle en shop tot sy drop! Sy erken laggend dat sy glad nie sonder haar grimering sal kan klaarkom nie en dat min mense weet sy kou so af en toe haar naels. Watter celebs sal jy graag wil ontmoet? "Jude Law en Celine Dion." As jy enige kunstenaar ter wêreld kon kies om 'n verhoog mee te deel? "Oe, beslis Robbie Williams. Hy is so goed en professioneel in wat hy doen. Die manier waarop hy met sy fans kommunikeer is amazing! Hy sal my net nie vry op die verhoog soos hy altyd met 'n girl doen by sy optredes nie," vertel sy vinnig. Wat irriteer jou grensloos? "As mense vir my sê ek is verkeerd en ek weet ek is reg! En mense wat so poer-poer op die paaie - sit voet in die hoek!." sê Karen laggend. Blonde oomblik? "Ek het een aand by 'n stampvol Boston Tea Party in Menlyn voor by die deur oor 'n trappie gestruikel en geval. Maar soos in GEVAL en oor die grond geskuur terwyl almal vir my kyk," vertel sy. Gunstelinge Gee jouself 'n punt uit tien. Kies een. |
Musiek |