Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Tribute to the Greats

'n Opwindende produksie, waarin van die grootste name in die musiekbedryf se beste treffers op een verhoog aangebied word!

In Tribute to the Greats word vier talentvolle kragte saamgesnoer om 'n onvergeetlike aand se vermaak te lewer. Elkeen is 'n kunstenaar uit eie reg.

Die gewilde groep Top Deck het reeds talle geslaagde optredes by Carnival City gehad en met die treffers van Engelbert Humperdinck bring hulle hulle talent nou tot op jou voorstoep. Top Deck bestaan uit Danny Benton, Nic Klopper & Peter Litsili.

Johan Botha debuteer in 2002 met sy eerste solo vertoning - Moonshadow, The Music of Cat Stevens. Sederdien het baie en veelsydige optredes gevolg asook 'n platekontrak, en sy tweede cd is in 2006 uitgereik.

Anton Esterhuyse is reeds bekend as pianis, komponis, verwerker en musiekregisseur. Hy het sy B.Mus-graad aan die UV behaal en ook 'n Nasionale Sertifikaat in Ligte Musiek aan die Technikon Pretoria. Hy doen gereeld solo-uitvoerings en het ook al as solis saam met die Vrystaatse Simfonieorkes en Kwazulu-Natal Filharmoniese orkes opgetree. Hy was onlangs as musiekregisseur by A Tribute to Joe Cocker betrokke.

BEN-G is 'n skrywer, sanger & verwerker van 'n wye verskydenheid van musiek. Sy 3de cd word ook binnekort bekend gestel en hy tree reg oor die land op. Sy liedjies Song vir jou en Oh ah bokka kry gereeld speeltyd oor verskeie radiostasies en is baie gewild onder almal.

Tribute to the Greats beloof om die gehoor vasgevang te hou in een van die beste produksies nog vir hierdie jaar. Met die beste beligting, dansers en effekte op die verhoog, asook van die land se voorste opkomende kunstenaars, is dit 'n extravaganza wat nog lank in die geheue sal bly.

Kom voer jouself terug na die treffers van gister soos opgevoer deur die sterre van vandag!

datums in ons Musiekdagboek....



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner