Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Wynand Strydom

Blitsfeite
Geboortedatum: 24 November 1975
Sterreteken: Boogskutter
Ouderdom: 30
Bynaam: Wynie
Verhoudingstaat: Getroud
Gesin: Vrou, Therina en dogtertjie, Anireht (2) en nog 'n kleinding maak haar opwagting in Junie

Toe hy die Suid-Afrikaanse musiekbedryf betree het in 2003, het baie hom vergelyk met ander sangers, maar met sy treffer, Katrina, het Wynand Strydom en sy rasperstem vinnig 'n huishoudelike naam geword - kunstenaar in eie reg!

Met die uireiking van sy tweede album, Hoekom, het dit vinnig goue status bereik met verkope van meer as 25 000. Dit het bewys hy is hier om te bly!

Gebore en getoë in Pretoria het Wynand na matriek in die banksektor gaan werk voor hy besluit het om onderwys te studeer. Hy sluit toe aan by 'n a-capella groep, G-string, aan en ontmoet ook sy sielsgenoot, Therina. Na die troue in 2002 het hulle in Pretoria gevestig waar Wynand voltyds onderwyser was en tussendeur sy sangloopbaan bevorder het.

Hy was ook 'n finalis vir ATKV Crescendo in 2000 en 2002 voor sy debuutalbum in 2004 die lig gesien het. Vroeg 2005 het Wynand die onderwys gegroet en sing nou voltyds.

Sy derde album getiteld, Koos wie?, is tans op winkelrakke beskikbaar. Dis 'n huldeblyk aan Koos du Plessis en Koos Kombuis. Dit sluit ook Koos van der Merwe se Houtkruis, Steve Hofmeyr se Koos en die oorspronklike snit Om weer te kan Koos in. Die album het reeds meer as 15 000 eenhede verkoop.

Wynand se nuwe album wat 'n meer kommersiële aanslag het sal tydens vanjaar se KKNK uitgereik word en beloof om 'n treffer te wees.

Hy is 'n gesinsman en as hy nie besig is om te toer nie, spandeer hy graag kwaliteittyd saam met sy gesin of kyk sport op tv. Hy beskryf homself as 'n rustige persoon met 'n lus vir die lewe. Hy luister byna net Afrikaanse musiek en hou hom op hoogte van nuwe kunstenaars wat die mark betree. Verder is hy 'n groot fan van Nederlandse musiek, veral Herman van Veen en Stef Bos.

Wat irriteer jou grensloos?
"My wekker in die oggend en spitsverkeer."

Wat weet baie min mense van Wynand?
"Ek is een van 'n tweeling. My tweelingsussie is Jenima."

Drie dinge waarsonder jy nie sal kan klaarkom nie?
"My tv, klipdrift & coke en daardie eerste koppie koffie in die oggend!"

Met watter kunstenaar sal jy graag 'n verhoog wil deel?
"Sou baie graag met Koos Doep wou, maar ek dink Laurika Rauch."

Gunstelinge
Kleur Blou
Drankie Klipdrift en Coke
Kos Junk food
Fliek Shawshank Redemption
TV-program CSI
Vakansie spot enige plek by die see
Kledingstuk Levi jeans

Gee jouself 'n punt uit tien.
Met 10 die hoogste en 1 die swakste vir elk van die volgende:
Bestuur 8
Kook 2
Tuinmaak 1
Skottelgoed 1
Naaldwerk 1
Vogroom gebruik 7

Kies een.
Milky Bar of Top Deck
Landrover of double-cab
Blomkool of groenbone
Hoender of Steak
Britney of Christina



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner