AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek CelsiusOns leef in 'n weird en wonderful wêreld! Celsius beskou hierdie wêreld, beskryf dit, beleef dit, filosofeer daaroor, bevraagteken dit, bewonder dit, celebrate dit! Hul treffende, vars, oorspronklike musiek en lirieke word 'n ervaring en jy raak van vooraf verlief op die 'wêreld om jou'! Moenie hierdie dinamiese groep wat in 2005 hul KKNK en Woordfees debuut gemaak het, misloop nie! Die opwindende plaaslike groep van Stellenbosch, Celsius, is twee jaar gelede gevorm en hul musiek word al wyer gehoor. Die groep bied 'n musikale produksie bestaande uit twee stemme met die klanke van akoestiese kitaar, klassieke kitaar, klavier en kontrabas as begeleiding. Celsius sing meestal nuwe musiek wat deur lede van die groep self geskryf is. Hul musiek word beskou as 'n vars toevoeging tot Afrikaans - dit is veelsydig en verteenwoordig verskeie genres, bevat kreatiewe eietydse lirieke en is musikaal oorspronklik en treffend. André is die bron van die kreatiewe en meer diepsinnige lirieke wat die groep reeds kenmerk, terwyl Etienne se besondere vermoëns op kitaar 'n mens eenvoudig meevoer. Anne se warm altstem en Gerhard se fyn aanvoeling op klavier gee veral kleur aan die jazz en blues nommers, terwyl Jacques die musiek dra met sy ryk basklanke. Die variasie in Celsius se musiek, wat wissel van folk-rock, ballades, jazz en blues tot Afrika-klanke, maak voorsiening vir 'n wye verskeidenheid voorkeure van hul gehoor. In die geheel bevat Celsius se musiek al die komponente vir 'n onvergeetlike vertoning - kwaliteit liedere, 'n dinamiese kombinasie van stemme, uitstekende musikante en 'n humoristiese aanslag in hul aanbieding. Die produksie bied aan luisteraars 'n geleentheid vir ontspanning, inspirasie en 'n musikale ervaring om oor goed te voel! Celsius het reeds verskeie optredes gehad by Dorpstraat Teater, asook ander soortgelyke venues. Die groep tree ook gereeld op uitnodiging by korporatiewe geleenthede en privaatfunksies op. Celsius was in 2004 te sien op die Kyknet-program Kunskafee en het ook hul verskyning gemaak op die program Dis hoe dit is met Steve! Die groep het al opgetree by die Stellenbosch Fees, Helderberg Kompasfees en het tydens 2005 se Woordfees die verhoog gedeel met die gewilde Libertaskoor. Celsius het in 2005 by die KKNK opgetree met hul produksie, Anderkant. Vanjaar bied hul die produksie, Wêreld om jou, aan by die KKNK. Celsius het in Desember 2003 hul debuutalbum, Anderkant, vrygestel en hul vertoning bevat uittreksels hieruit, asook nuwe materiaal. Vir meer inligting oor die groep en hul CD, besoek www.celsius.co.za Met André Serfontein (sang, akoestiese kitaar), Anne Havemann-Serfontein (solo- en agtergrondsang), Etienne Louw (klassieke kitaar), Gerhard Niemand (klavier) en Jacques Louw (kontrabas) en Reinée Terreblanche-Brand (produksieregisseur). |
Musiek |