AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() Sally Williams NougatJak de Priester het sy proffesionele sangloopbaan afgeskop in 2003 na hy aangewys is as die wenner van die ATKV Crescendokompetisie. Met sy prysgeld het hy sy debuutalbum, Sally Williams Nougat vrygestel en die Geraas-musiektoekenning ontvang vir Beste Nuweling. Daarna volg sy tweede album, Strate van my hart in 2004 waarvoor hy genomineer is vir Beste Manlike kunstenaar. In 2005 laat Jak de Priester geen gras onder sy voete groei nie en stel sy derde album Brooklyn poet vry, asook sy debuut digbundel, getiteld Heuning in die mond. Jak se loopbaan het vlam gevat na sy verskyning op die Huisgenoot Skouspel in 2004 met sy hitsong, Sally Williams Nougat Toe was dit nog net 'n onbekende lovesong wat hy vir sy geliefde geskryf het wat oorsee gaan werk het, maar die volk het vinnig die liedjie hul eie gemaak en vandag sing oud en jonk dit saam uit volle bors. Einde 2005 word Jak ook genader om 'n temalied te skryf vir die MNET drama-reeks Binnelanders en so kry Jak de Priester nog 'n liedjie in die sitkamers van die volk. 2005 is ook die jaar wat Jak die geleentheid gekry het om sy vlerke te sprei en in die Royal Albert Hall in Londen te gaan optree as 'n gaskunstenaar op Nataniël se debuut show in Engeland. Met geduld, dissipline en uithouvermoe, het Jak de Priester stadig maar seker sy naam gevestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.
|
Musiek |