Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek
Tussen die duiwel en die diep blou see - Bea van der Vyver

Tussen die duiwel en die diep blou see

Bea van der Vyver is 'n eksponent van die folk rock genre. Van der Vyver verskil genadiglik van moderne folk rock kunstenaars deurdat die lirieke nie 'n oormaat angs bevat nie. Sy dryf jou ook nie tot waansin deur 'n oormat emosie in haar liedjies in te forseer nie - 'n gewilde misdryf onder jong Afrikaanse sangeresse.

Die jong dame se stem pas haar styl. Vir 'n oomblik klink sy soos 'n ou bekende wanneer haar stem smeul soos doringhout in 'n Winter-kaggel en allerhande beloftes maak van groot dinge vorentoe.

Die ligte trant van hierdie album, Tussen die duiwel en die diep blou see, beloof 'n treffer of twee. My geld is op Chaplin-hoed en die titelsnit, Tussen die duiwel en die diep blou see. Londen-Sentreaal, met Coenie de Villiers en Piet Botha, is die buiteperd. Richard van der Westhuizen het die grootste aandeel in die musiek van die liedjie gehad en ook 'n bydrae met lirieke gelewer.

Tussen die duiwel en die diep blou see is 'n eerlike stuk werk met stylvolle musikale verwerkings. Mens sou hoop die sangeres bou voort op hierdie trant, want die Afrikaanse musieklandskap is maar dun gesaai met jong sangeresse wat werk van 'n sekere substansie sal kan lewer in die toekoms.
Koop / Buy Tussen die duiwel en die diep blou see....

Koop / Buy Tussen die duiwel en die diep blou see ... MP3's (net een of almal)



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner