AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() Hoe Valiant sy Groove teruggekry hetSommige mans dwaal per ongeluk af wanneer die middeljare dreig. Miskien was Valiant Swart ook een. Indien jy iemand wil blameer is dit dalk die daai meisie Katryn. Pre-Katryn was Valiant die voorspeler met die Stellenbosch riel. Toe arriveer die Delila en Valiant klink skielik so sonder inspirasie. Hier moet mens natuurlik byvoeg dat die eerste Katryn meer kopieë verkoop het as al die vorige Valiant CD's saam. En Mammon kan 'n lekker pêl wees. Die wat nie saamstem nie het gewoonlik nog nie met hom kennis gemaak nie. Die nuus is dat Valiant Swart 'n nuwe kleintjie het. Katryn is geskiedenis en alles is vergewe want Horisontaal is die CD se naam en hy ruik na ou Valiant. Horisontaal val in met die titelsnit wat die storie vertel van musiek maak en van op die pad wees. Dit is seker op die pad waar Valiant weer sy groove teruggekry het. Die res van die CD oortuig jou dat Valiant weer op die regte pad is. Hy was nog altyd een van die meer innoverende Afrikaanse rockers. Sy eiesoortige styl het hy al meermale verwerk tot iets nuut waaroor mens kon opgewonde raak. My gunstelinge op die CD is Horisontaal, Janfiskaal, "jy vee die werf met die haan se poot / dans 'n vassie met die boer se vrou / gooi sy kinders en die hond in die sloot", Lekker Zef, Vaalhoed se Baas, 'n tradisionele nommertjie, Oppisolo, Waar die wilde rose bloei, 'n Duisend Maande en Soul Meid, wat ek elke keer moet klaar luister al druk die nood hoe. 8 uit die 12 songs op die CD. Mag al die anties en donsdosies ook Horisontaal in groot getalle koop. As 'n voetnota die volgende: Dit wil voorkom asof die baie bekwame Barry Steenkamp op base dit geniet om in die Valiant Swart Band te speel. Barry lyk al hoe meer soos 'n wafferse popster met al die nuwe akkels wat hy bygekry het na Akkedis. |
Musiek |