AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Sê Vir My LiefIndien saamsingliedjies in biertente jou ding is moet jy maar verby hou, Willie Strauss se Sê Vir My Lief soek 'n meer ernstige oor. Soos met sy vorige CD's bestaan dit grotendeels uit digkuns wat deur Strauss musikaal besiel word. En, soos al die ander kere, is daar werk deur I.D. du Plessis (Vreemde Liefde) en N.P. van Wyk Louw (Grense, Die Fees en Winterbome). Annesu de Vos se bekende Sonata is ook ingesluit, Jak de Priester is verantwoordelik vir die lirieke van Ek weet nie waarom nie en Christopher Torr se Stille Waters was ook op My naam is Willie. Wat die res van die 17 "liekies" betref het Ilse van Staden 'n leeueaandeel. Op sy vierde CD word Willie Strauss knap bygestaan deur 'n klomp bekende en minder bekende name. Lydia vom Hagen is weer die agtergrondstem en Saranti Rheeders het meeste van die verwerkings behartig. 'n Kaggel, 'n mat, iemand om met jou die mat te deel, 'n goeie bottel rooiwyn en Sê Vir My Lief is 'n wenkombinasie vir hierdie winter. |
Musiek |