Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Jannie Moolman en Die Afrika Mamas

Haydee Hollander

Met Janine Neethling op klavier

Hotel Safari Windhoek - 14 Junie 2006

Ten bate van die JT Potgieter-tehuis se Alzheimer-projek

Wanneer kaartjies N$600 per persoon beloop, trek jy al die stoppe uit: venue, klank, kos. Daar is geen verskoning vir enige tekortkoming of afskeep.

Jou eerste verantwoordelik lę nie by die organisasie ten bate nie, maar by die gehoor, die tafels van tien wat ten duurste betaal het om daardie organisasie (én natuurlik kunstenaar) gewillig te wees en ek moet jou sę, N$6 000 per tafel is 'n astronomiese bedrag, terminale toestand of te not.

Verlede jaar sou jy 'n skamele Ł25 moes opdok vir Mark Knopfler se konsert in die Royal Albert, 'n paar rye van die verhoog. Onlangs (April 2006) so min as Ł30 (vir goeie sitplekke, die gallerye was heelwat goedkoper) om Dame Judi Dench in 'n rare optrede in die West End te sien speel (in Noel Coward se Hay Fever).

Die vraag is nie of Moolman en die Mamas die koste regverdig nie, maar wel hoekom die gehoor (én kunstenaars want dit herinner aan Stef Bos se (laaste) optrede in Bloemfontein - Sand du Plessis teater - toe dinge so skeefgeloop het) male sonder tal aan swak klanktoerusting en kringfluite onderwerp moes word. Miskien omdat die venue akoesties nie geskik was nie? Weereens, teen N$600 per kop is dit onverskoonbaar.

Terug by die vertoning. Die kos was heeltemal gaaf. Koedoe is voorgesit as deel van 'n viergangete en die bedieners van die eiesoortige Namibiese cuisine was gretig en op hulle tone. Die voorsang was net 'n raps te lank en Jannie se verskyning uitgestel tot ná die hoofgereg.

Jannie Moolman

Moolman is geen kloon van Gé Korsten nie, maar hy herinner my (weer) hoekom ek van Gé hou. Onlangs nog by Carnival City te sien in 'n huldeblyk oor Gé Korsten, Gé - Hoor my Lied. En wat ek by Gé en Jannie hoor, is by meeste jong sangers (en deelnemers aan groot kompetisies) afwesig. Daardie omarming van Afrikaans: die taal se sang en uitdrukkingsvermoë en diversiteit. Gé het dit verstaan. En Jannie verstaan dit. Wanneer ek vir Jannie hoor (hierdie was die eerste optrede van hom wat ek bygewoon het) hoor ek Afrikaans in sy ou én moderne idioom. Jannie laat Afrikaans tydloos klink. Hy is nie skaam vir die taal nie, maar terselftertyd het hy respek vir hom wat dit 'n fees maak om na te luister. Ook is sy benadering ten opsigte van taal en gehoor sonder familiariteit. (Leer by hom Gotlieb! Of liewer nie. Julle bedien in elk geval nie dieselfde segment van die populasie nie.)

En die omvang van daai stem vul spelonke en onderwater reservoirs, ook wat warmte en spontaneďteit betref. Die opera opleiding (afronding) altyd aanwesig, altyd op die agtergrond, ook in ligte liedjies. Hy was jare lank solis by Truk, Madame Butterfly is een van sy gunstelinge. Moolman se aanslag is professioneel, afgerond, haarfyn beplan. Die choreografie en harmonisering sorg vir 'n interessante cross-over hoewel dit dikwels gesę word van Moolman se optredes hetsy saam met Dozi, Anneke de Villiers (ook sy ander helfte), Herman van den Berg of Magda de Vries. (Sy optrede saam met Dozi en die Mamas was uitverkoop op die KKNK en bekroon met die Herrie prys vir mees opspraakwekkende produksie.)

Afrika Mammas

Die vertoning in Windhoek het gevloei, was vol pittighede en die keuse van liedjies in die kol (en genadiglik sonder daardie politieke berekendheid om 'kleur' te verleen aan die projek).

Tien jaar gelede het Jannie sy loopbaan as vryskutsanger begin, sy eie bemarkingsveldtog van stapel stuur, kompleet met eie webtuiste vir bewonderaarspos (wat intussen nie meer bestaan nie?) Ongewoon vir (Suid-Afrikaanse) operasangers, maar met die gebrek aan werk in dié genre doen hy wat meeste jong begeesterde kunstenaar in Suid-Afrika doen: spring in en skep self geleenthede. En daar is min rolle wat die hoog aangeskrewe tenoor nog nie gesing het nie. Pinkerton in Madame Butterfly, Don Jose in Carmen, Tamino in Die Towerfluit, Nabucco, La Traviata om maar 'n paar te noem. Konsertoptredes sluit uitvoerings in van Schubert se Mis in G, Mozart se Requiem en Kroningsmis en Handel se Messias. Hy is vertroud met buitelandse konsertverhoë maar verkies steeds om hier te werk.

Haydee Hollander (links)
Foto: Haydee Hollander (links) saam met 'n lid van die gehoor by Jannie Moolman en Die Afrika Mamas.

'n Hele paar encores later kan Jannie maar weer Windhoek toe kom, organiseerders moet net 'n meer geskikte venue soek en die klank opskerp. En 'n advertensiebord buite die ingang van die Country Club sou baie gehelp het om die vertoning betyds te laat begin.

Jannie Moolman en die Afrika Mammas was ten bate van die JT Potgieter-tehuis se Alzheimer-projek.

Om Jannie Moolman se CD's te bestel, skakel Bondina Osterhoff van Gigs Galaxy by (011) 726 4345.

Besoek Roekeloos.co.za se musiekdagboek vir Moolman se toekomstige optredes.



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner