Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

In Opsomming

Daar is al baie gesê oor hierdie Afrikaanse fenomeen en Suid Afrika het uiters hoë verwagtinge van hierdie nuwe vars asem in Afrikaanse musiek. Orkez, gebore in 2005, het al baie bereik in die kort rukkie wat hulle saam is.

Die groep is 'n viertal jong mans met Johan Zietsman as hoofsanger en op akoestiese kitaar, David Saunders op elektriese kitaar, Barrie van Zyl op dromme en Henk Saunders op baskitaar.

Die manne het al die "nuwe talent" kompetisie van Pitstop TV gewen, word gereeld gesien op die Top 10 Beste Treffers lyste van Suid Afrika, het twee musiekvideo's wat wys op MK89 en reik nou hul debut CD, In Opsomming, uit.

In Opsomming is 'n diverse album wat die groepslede se verskillende agtergronde saamvat in 'n enkele kragtige pakket. Afrikaans kán dans, en In Opsomming wys ons dat die Afrikaanse taal op baie meer maniere aangewend kan word as waaraan ons gewoond is.

In Opsomming bied 'n wye spektrum luisterbare verwerkings van musikale style soos Folk, Funk, Rock en Blues en die kombinasie van hul oorspronklike musikale aanwending en relevante alledaagse temas is 'n vars alternatief tot die alledaagse op die rakke.

In Opsomming is 'n moet vir die Suid Afrikaner wat van goeie Afrikaanse musiek hou en is 'n broodnodige aanvulling tot enige Afrikaanse musiek versameling.

Kom ontmoet Orkez, die vars nuwe asem in Afrikaanse musiek.
Koop / Buy In Opsomming....

Koop / Buy In Opsomming ... MP3's (net een of almal)



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner