Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Jennifer Zamudio - Hoor Hoor

Hoor Hoor

Of dit nou op die verhoog, op haar albums of selfs sommer net in haar alledaagse doen en late is ... Jennifer Zamudio se energie is aanvoelbaar én aansteeklik.

Ja, waar dié donkerkop haarself bevind, is 'n gróót partytjie gewoonlik kort op haar hakke. En sy het nou eenmaal die gawe om lewenslus en - blydskap in mense se are in te blaas.

Haar vierde album, getiteld Hoor Hoor borrel ook van energie en boonop vertel Jennifer trots dat dit beslis haar beste album nog is. Dit bevat 14 snitte en dié sangeres (wat al die afgelope ses jaar 'n bekende naam in die musiekbedryf is) het haarself sommer ook nou as 'n gedugte liedjieskrywer bewys. Sy het ál die lirieke op die album self geskryf!

Buiten die danstreffers, is daar ook 'n paar pragtige ballades op die album soos Ek sal vir jou en Hier by my. Dis met hierdie liedjies wat haar besonderse stem werklik tot sy reg kom. Sy het ook by oorsese komponiste gaan aanklop en dáár het sy liedjies uitgesnuffel wat hulself reeds as treffers bewys het. Vir dié musiek het sy haar eie lirieke geskryf en vyf splinternuwe Afrikaanse snitte het gevolg.

``Hierdie CD is vir my as kunstenaar 'n ongelooflike groot mylpaal omdat ek nooit tevore myself as 'n liedjieskrywer beskou het nie. Maar ek is baie trots op die eindproduk! Ek het die liedjies geskryf oor dinge waarmee mense kan identifiseer en Jeandré Hartman het met sy unieke verwerkings my liedjies werklik reg laat geskied. Ek dink almal sal by dié album aanklank vind,'' sê Jennifer.

Boonop is daar ook 'n versteekte snit aan die einde van die album waar Jennifer 'n mens hoendervel laat uitslaan met háár weergawe van Gé Korsten se treffer Liefling (dié liriek het sy natuurlik nie geskryf nie). Voorwaar 'n eerste vir 'n vroulike kunstenaar en sy staan beslis nie 'n tree terug vir haar manlike eweknieë nie.

Oor haar onuitputlike bron van energie wat sy altyd saam met haar en haar musiek dra, het Jennifer die volgende te sê: "Dit gaan vir my oor 'n positiewe ingesteldheid oor die lewe. Dis my persoonlike missie dat mense by een van my konserte uitstap en voel hulle kan immers weer vir 'n week of wat aangaan. Ek háát negatiwiteit! As ek om my rondkyk en sien hoeveel ek het om voor dankbaar te voel, kan ek nie anders as om positief te wees nie! En ek wil hê ander mense moet dít met my deel."

Dié album vestig Jennifer beslis in die Afrikaanse pop-genre en dis gewaarborg, as jy eenmaal daarna geluister het, sal jy dit beslis weer wil hoor. En hoor ... En hoor ...
Koop / Buy Hoor Hoor....





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner