Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Glo Vas - JJ Stephens

Glo Vas

JJ Stephens het hom die afgelope twintig jaar gevestig as 'n veelsydige kunstenaar wat vaardig is in uiteenlopende musiekgenres. Sy talent is bekroon, in Suid-Afrika en internasionaal.

 

Hy's 'n gelowige gesinsman en die uitreiking van sy eerste gospelalbum is al 'n geruime tyd in die vooruitsig, veral na sy wonderbaarlike herstel ná 'n rits hartaanvalle. JJ moes egter eers sy kontraktuele verpligtinge teenoor sy vorige platemaatskappy, Select-Musiek, nakom.

 

Nou, onder die vaandel van Redneck-musiek, borrel hy van dankbaarheid. Hy tel sy seëninge en bied hy sy ondersteuners 'n sonderlinge album in uiteenlopende musikale style. JJ Stephens het immers 'n veelsydige stem wat reg laat geskied aan elke denkbare genre. Gospel is bloot 'n verlenging van sy vaardigheid. Hy verweef hierin spatsels stewige blues, jazz, country, pop en rock-'n-roll en vestig hom as voorste vertolker van dié genres in gospelkonteks.

 

Sy geestelike album Glo Vas bevat 18 aangrypende vertolkings - met tréffende, vól orkestrasie - aangevul met stemmingsvolle kerkklokke en natuurklanke.

 

Die fokus skuif hier na sy luisterryke stem en boeiende vertolking wat diepte en betekenis aan die opheffende lirieke verleen.

Elkeen van die 18 snitte op Glo Vas hou besielende bekoring in: van die trotsbruisende loflied van My Pa is die Koning, die uitbundige Stofkerkkeurspel (met 'n heerlike Klopse- en konsertina-vrolikheid) en die genotvolle vreugde op Just A Closer Walk With Thee en Put Your Hand In The Hand (Of The Man From Galilee) tot die aangrypende krág van onder meer Shalom, Ek Gee Jou My Woord, Angels Among Us (met 'n engelkoor), I Believe, Houtkruis, Take My Hand Precious Lord, Just A Closer Walk With Thee en die sielspoelende titelsnit, Glo Vas.

 

JJ se liedjieskryfvaardigheid blink op die pragtige nuutskeppings O Dis Liefde, Just For Today  en, in samewerking met Andries Botha, die snittte Tribute To Jesus en 'n sonderlinge omwerking van Voetspore, wat ook as die oorspronklike Footprints hierop ingesluit is - en die kroon op sy goue omroeperstem is. Die stemmingsvolle orkestrale verwerking is 'n rustigstrelende ervaring van innerlike vrede.

 

Tussen die toonvenstersnitte is die snit (There'll be) Peace in the Valley, JJ se huldeblyk aan Ray Charles, wat dié liedjie bekend gemaak het. Die liedjie het JJ destyds diep aangeraak en dit was nog altyd sy wens om dit te kon opneem.

  JJ se aanpassing van Amazing Grace is ook een van die talle verrassings en hoogtepunte op dié album. Oorrompelende orkestrasie en bekoorlike vokale vaardigheid!  

Dis 'n album wat gestempel is met kunstenaarskap, sal voorwaar op die boonste rak van die gospelgenre ereplek kry. Dit is JJ Stephens op sy beste nóg!

 

JJ se kinderdroom was om eendag 'n plaat te maak en dit oor die radio te hoor. Hy het veel meer gekry as waarvoor hy gevra het. "Hierdie is my vyfde solo-album in 22 jaar. Wat 'n wonderlike voorreg en eer is dit om dié een 'n gospel-album te kon maak. Ek hoop uit my hart uit dat dié CD sal bydra tot die verspreiding van die Woord van God wêreldwyd, dat dit onaangeraakte harte sal raak en na God sal lei."

 

JJ het sy skoolgeld betaal. Nou pluk hy die vrugte van sy saaisels. Met sy geloof diep geanker bied JJ Stephens op sy eerste gospel-album, Glo Vas, musikale son wat wárm en helder skyn!
Koop / Buy Glo Vas....





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner