Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Orkez druk rekord

2006 was 'n groot jaar vir hierdie viertal rockers wat uit nêrens hul plek in die spotlight oopgeveg het. Met optredes by Innibos, Aardklop en meeste populêre Gauteng venues, het hul veral beïndruk met hul goed afgewerkte energieke optredes en word hulle nou gesien as 'n moderne Afrikaanse weergawe van daai rou explosive 70's rock klank waarop baie so verlief geraak het.

Met hul debuut album In Opsomming, het Orkez hul merk op die Suid Afrikaanse musiekmark gemaak.

Orkez noem egter In Opsomming 'n "voet in die deur album" en glo dat hulle self baie beter kan doen in ag genome hul diverse agtergrond en alternatiewe benadering tot Afrikaanse musiek.

"Ons glo lirieke vorm deel van die totale pakket, dis nie alles nie".

Met daai gedagte in jou agterkop begin die volgende hoofstuk in die evolusie van Orkez. Die manne begin eersdaags met die opname van hul tweede album wat beloof om 'n kaleidoskoop van klanke saam te flans in 'n enkele konsep gedrewe album, moontlik in twee dele.

As vier werkende jong mans met 'n totaal self vervaardigde album In Opsomming die tiep van reaksie kon uitlok soos gesien is in 2006, wie weet wat 2007 vir hierdie "vars nuwe asem in Afrikaanse musiek" inhou.

Kyk maar so nou en dan in die rigting, jy mag dalk verbaas wees.





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner