Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Alien abduction faal op Ladismith

Ruan Kemp

Dit is 'n blęrrie skande dat so min mense die Waka Waka Rock-fees laasnaweek in Ladismith bygewoon het. Die fees het nie net gesorg vir die beste line-up van die jaar nie, maar ook vir 'n 32vkm kampie voor die verhoog, afgespan met danger tape en bewaak deur 'n mooi man met gekruisde arms wie Vrydag soos 'n cowboy aangetrek het en Saterdag soos 'n amateur tennisspeler.

Die danger tape het net gehou totdat Fokofpolisiekar opgekom het.

Mama Dora, die organiseerder van die fees en eienaar van die olyfboord waarin vele nuwe romanse laasnaweek aangeknoop is, vertel dat tydens laasjaar se fees 'n cheesevan die feesgronde binnegerry het die oomblik toe Fokofpolisiekar "fokof polisiekar" sing. Dinge het gebreek. Daarom het sy hierdie jaar die polisie die feesgronde verbied. Daar was wel twee undercover cops met rooi T-hemde, maar hulle was te jonk om geharde Rock-aanhangers opdraende te gee. Manne met puisies arresteer nie manne met baarde nie.

Mama Dora se dogter Amerika vertel dat sy 'n aantal plakkate in die dorp opgemerk het waarop iemand 'Fokofpolisiekar' doodgekrap het. Ladismith is 'n Christendorp in die Klein-Karoo, en Fokofpolisiekar is deur die bank verblyf op die dorp verbied. Nietemin, dit was Ladismith se christendogters wat die verhoog besaai het met bra's en onderbroekies en dit was Ladismith se christenseuns wat met duiwelstekens antwoord gegee het op die gebare van Francois van Coke se mank handjie. En daar was genoeg van hulle sodat baskitaarspeler Wynand Myburgh 'n halwe agteroorbollemakiesie in die gehoor in kon doen. Daar het hy op sy rug gelę en kitaar speel terwyl koppe en hande met parastaltiese bewegings hom vir die verhoog teruggevoer het.

Ongelooflik.

Net so ongelooflik was die alien abduction wat Saterdagmiddag plaasgevind het. Dit was windstil en warm. Rock-geesdriftiges en ander verligtes het in groepies aan tafels gesit en die plaaslike Towerkop Chenin Blanc drink toe een van die houttafels skielik vyf meter in die lug in vlieg, met 'n vrou daaraan vas. Was dit nie vir die tafel nie, sou die abduction suksesvol wees. Toe ek die getraumatiseerde vrou 'n paar uur later agter die kroeg opspoor was sy nog steeds te verboggereerd om haar naam aan die media bekend te maak.

Volgens Philip Botha, 'n hippie agterkleinkind van Generaal Louis Botha, was dit nie 'n alien abduction nie, maar 'n twirly-wirly. "Ek het saam met die kinders in die cuddle-puddle gespeel en hulle het gesę 'let's make a twirly-wirly, let's make a twirly-wirly.' Toe begin ons die water roer en toe gebeur dit. Toe gee die universe antwoord."

Chris Boshoff, 'n ingeneur met 'n baard, glo ook nie dat dit 'n alien abduction was nie. "Dit was ongetwyfeld 'n dwarrelwind. Ek het gesien hoe 'n staaltafel vyftig meter in die lug opskiet en op die kragdrade te lande kom. Dit was net sparks en kak. Ek is bly niemand is beseer nie."

Twee mense het hulle gesogte MK89 kepse verloor.

Alien abduction of nie, die fenomeen het wel die nodige voorbrand gedoen vir 'n bo-natuurlike Saterdagaand. (Niemand kan onthou wat Vrydagaand gebeur het nie, behalwe dat Blk Jks briljant was.)

Die Jakkie Louw Band het die aand afgeskop. Mense kan sę wat hulle wil, en hulle doen, maar daar is niemand soos Jakkie Louw om bietjie die litte los te kry nie. Na sy optrede was dit al koel genoeg dat mens hom sy biker jacket kon vergewe, maar 'n man in die kroeg het nie dieselfde gevoel oor sy donkerbril nie: "Jakkie, haal af jou brille, die son skyn nie meer nie."
"Die son skyn uit my hol uit. Period."
"My point, exactly," het die man in sy bierglas teruggefluister.

Tussen die verhoog en die kroeg was daar twee skape op spit, en tussen die optredes was daar die kroeg. Hier het ek die legendariese Gert Vlok Nel aangetref. Oppad af het Die Brixton Moord en Roof Orkes hom in Beaufort-Wes opgetel.
"Soos mens 'n verkoue optel," het een van hulle gegiggel.
Nel is 'n groot sagge-aarde man in 'n T-hemp sonder moue. Hy wek deernis in selfs die gehardste van bebaardes, maar ook respek, want hy kan meer tequila as enige iemand duskant Mexico drink.
Ek het hom gevra wat hy van fokofpolisiekar se optrede gedink het.
"Ja, hulle is vir my 'n gospel band; hulle sing altyd oor die Here."

Goue seuns van christendorp Stellenbosch Akkedis het intussen grootgeword en verder gesorg vir lekker littelosmaak musiek, maar Arrivist se angst moet nog ge-channel word. Adolessente band Flint was ook lawaaierig. "Go back to your van and play wet-Marie" het iemand tydens hulle optrede geskreeu. Manne met puisies arresteer nie manne met baarde nie.

Vir die meer volwasse rockers was Acid Blues die hoogtepunt van die aand, maar ewe professionele Brixton Moord en Roof Orkes en Rooibaardt het ook groot aftrek geniet.

Tydens "Goue Seun van die Klein-Karoo", Willim Welsyn se optrede, het sy kitaar se band gebreek. Hy het die stukkende deel van die band met een van die vele deurtrekkertjies op die verhoog vervang. "Die een het lekker bounce," het hy gesę, en die rook uit sy kitaar uitgespeel.

Daarna is die almal bed toe. Twee lewers is oorlede.

In geheel was dit 'n suksesvolle en vreedsame naweek. Behalwe vir die alien abduction was daar net een ander insident: 'n vuisgeveg tussen 'n onmondige seun en 'n bebaarde Rock-geesgriftige oor 'n gesogte pienk MK89-keps. Die bebaarde Rock-geesdriftige het gewen. Hy lyk goed in pienk.

Acid Blues
Acid Blues
Akkedis
Akkedis
Seun met MK89 kep
Seun met MK89-kep
MK89
Gebrandmerk, MK89's
Fans
Fans
fokofpolisiekar
Fokofpolisiekar
Francois van Coke
Francois van Coke daal neer.
Soms wil n mens nie op water loop nie.
Soms wil 'n mens nie op water loop nie.
Ladiesmuffers
Ladiesmuffers
Roof Bezuidenhout
Roof Bezuidenhout
Rooibaardt
Rooibaardt
Saag
Saag
Waka Waka Rock
Waka Waka Rock
Willim Welsyn
Willim Welsyn

Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner