Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Verblind deur die son

Die rockgroep Malva Centauri speel met woorde en temas soos 'n warm dag met nat voetspoere op 'n swembadrand. Kyk vinnig en luister mooi, want netnou is dit weg. Wietsche, hoofsanger en liedjieskrywer, se toonsettings word deur Adolf, Louis en Christo omskep tot waardige rockmusiek. Dié klassieke vierstuk rockgroep se debuutalbum, Verblind deur die Son, is binnekort beskikbaar.

Die album se fyngekose liedjies handel oor 'n verskeidenheid aweregse onderwerpe. Hulle maak nie staat op die alledaagse temas van verlore liefde of verspeelde kanse nie - Malva Centauri dink diep oor die groot vrae van die lewe en bepeins die misterie wat telkens onder die oppervlak skuil. Verblind deur die Son word geopen deur "Die Laaste Dag", 'n temalied wat die einde van die planeet met hoop en sentiment omskryf. Strykersverwerkings met viool en tjello - deurgaans op die album te hoor - maak in hierdie kragtige lied die eerste buiging. Na die broeiende storm van daaropvolgende songs slaan die weerlig uiteindelik met snit ses, "Jou Oë (skyn deur my)". Die ruwe kitaar-inleiding en treffende verswerk van die lied is ook te beleef op 'n gelyknamige musiekvideo (ingesluit op die album); kyk gerus uit daarvoor op MK89.
Datums vir optredes in ons Musiekdagboek ...





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner