AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Mathys RoetsDie Suid-Afrikaanse sanger Mathys Roets begin sy loopbaan as sanger in alle erns gedurende 1996. Mathys het homself oor die afgelope sewe jaar as 'n ernstige Afrikaanse vermaaklikheidskunstenaar gevestig, wat veral bekend is vir sy besonderse vertolking van musiek van Koos du Plessis, Lucas Maree, Leonard Cohen, Neil Diamond en Rodger Wittaker. Met meer as 250 vertonings per jaar in van die grootste stede tot die kleinste dorpies, het Mathys al so te sę 'n huishoudelike naam in die Afrikaanse musiekwęreld geword. Dit bly ook nie net in Suid-Afrika nie, Mathys het reeds toere na Engeland, Griekeland, Nieu-Seeland, Australië, Kanada en Londen onderneem. Verder is daar ook toere na Dubai en Amerika in die pyplyn. Mathys tree gereeld by die groot kunstefeeste op, waar sy vertonings gewoonlik reeds voor die feeste begin, vol bespreek is. Hy sing beide Afrikaanse en Engelse musiek wat groot byval vind by sy gehore. Mathys het reeds 6 CD's vrygestel en is ook die eerste kunstenaar in Suid-Afrika wat 'n DVD vrygestel het. Hierdie DVD, Mathys Live Vrydag die 13de, verkoop tans baie goed en is landwyd beskikbaar. Die opname sluit twee ure se opnames in die Centurion Teater in en Mathys sing saam met sy orkes van sy bekendste liedjies asook 'n paar nuwe treffers. Mathys beskryf die opname as een van die hoogtepunte van sy loopbaan. Die DVD is ook 'n eerste vir SA! Mathys het ook 'n CD van die klankbaan van die DVD vrygestel, nl. Mathys Live Vrydag die 13de. |
Musiek |