AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Bakgat BokkeDié dubbel-CD bevat amper twee-en-halfuur se musiek; geensins álles net oor manne en balle, skrums, skoppe en score nie! Inteendeel, daar is genoeg ánder ritmes hierop om jou affieveld puntemeevallertjies te laat optel! Naas die rimtegenietinge - polsend en verposend - van die wêreldsterre Smokie, Bad Boys Blue, Haddaway, Vanilla Ninja en Systems in Blue bied Anton Goosen, Die Campbells, Kurt Darren, Nicholis Louw, Jacques de Coning, David Fourie, DJ Ossewa, Jakkie Louw en ander gewilde kunstenaars hul treffers en verseker dié album bly tol in die CD-speler lánk nadat die eindfluitjie geblaas het! Shine4 herinner ons hieraan: in 'n Perfekte Wêreld sal ons nooit die Springbokke verraai nie. Tussen die treffers is "Viva Suid-Afrika", "Loslappie", "Bietjie Bietjie Lam", "Rock Daai Lyfie", "Hokaai Stoppie Lorrie", "Kaboemielies", "Stoute Boude", "Kuiergat", "The Best", "Queen of Hearts", "What is Love?", "I Like the way u Move", "Eye of the Tiger", "Live is Life" en 'n rock-'n-roll-keurspel van Jive Bunny & The Matermixers in. Tolla van der Merwe en Danie Niehaus bied musikale kantlynhumor met Die Blinde Ref, Fantacy herinner ons aan "The World in Union '95" en die Moonlight Orchestra verskaf 'n instrumentale weergawe - in ál die tale! - van die nasionale volkslied met trots. Dit is Bakgat bokke! Druk hom in daai CD-speler en skop gat! "Bring die beker huis toe, Bokke. Bring hom en dan hou ons hom hier! Ons soek 'n rede om fees te vier! Jy is 'n bielie van 'n breker en ek weet jy het die hart en die houding om die beste in die wêreld te tart. Ek sal skree, soebat en vra, want jy't die honger en die dors, die guts en die balls om die groen en goud te dra!" Só sing Fredi Nest op die song "Bring Die Beker Huis Toe, Bokke" (gekap aan die aanhitsende wysie van sy reuse-treffer "Getoor"). Dit is maar een van die talle nuwe rugbytreffers op Select-Musiek se splinternuwe bakgatalbum! Tussen die nuwe werk hierop is Pieter Koen se "Bakgat Bokke Bokkie" en "Ladioo" (óns eie Shosaloza!), Wicus van der Merwe se "Kom Swaai Daai Boude Boude", Ray Dylan se "Bokke Pale Toe" en HI-5 se byderwetse song "As Jy Vir Ons Die Wenner Gee." In sportgees kry ons die nuweling Bok van Blerk se "Habana", Robbie Wessels se "Pieter van Zyl", Wicus van der Merwe se "Bokke Is Die Beste", Die Manne se konsertinagenieting "Boeta Ons Gaan Rugby Kyk", Corazon se trotse aanmoeding "Green & Gold" en Die Bokjollers se "Springbokrugbykeurspel" met al daai pawiljoensaamsingnommers. En wat sal 'n rugbyalbum sónder 'n bietjie kommentaar wees? Die gesoute rsgkommentators Johan Rademan en Niekie van den Berg doen die nodige in 'n bonushermeng van die titeltreffer "Bakgat Bokke Bokkie" - 'n gewisse treffer op die hardloopritme van die progressiewe melodie van "Zorba se Dans". Speellys: CD2 |
Musiek |