Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Foto na Dans

Foto Na Dans se debuut-kortspeler huisves 'n unieke en kleurvolle ouditoriese reaksie. Verwag 'n elektroniese rangskikking van vyf karakters se gefragmenteerde gedagtes. `n Geraas met `n verskeidenheid van kombinasies wat poog om jou behoefte aan variasie te voed.

Foto Na Dans het ontstaan nadat Le Roi Nel by Theuns, Dirkie, Neil en Alex (oud-lede van Trompie is Dood) aangesluit het. Oor sowat 7 jaar is daar gesoek, gekam, geslaan en gekoop vir die regte kombinasie van lede vir die beweging. Die lede was voorheen by verskeie projekte en pogings betrokke, maar was nie heeltemal seker dat dit is waar hulle wou wees nie. Foto na Dans is die resultaat van uiteindelike self-skeppende tevredenheid wat manifesteer as`n splinternuwe eiesoortige klank in Afrikaans.

Foto na Dans se debuut video "Huiwerig" het binne `n paar weke die A-lys op MK89 kanaal bereik. Die 4 snit debuut kortspeler is `n produk wat einde 2006 saamgestel is na aanleiding van `n behoefte van aanhangers om die groep se musiek in die hande te kry. Daar word beplan om in 2007 'n vollengte album op te neem en uit te reik. Daar word ook landwye toere en optredes by feeste beplan.

Foto Na Dans wil ook graag meer in 2007 vir nie-tradisionele rock gehore speel.

Foto na DansKoop/Buy Foto na Dans CD ...
Koop/Buy Foto na Dans MP3's ...





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner