Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

De la Rey

Bok van Blerk se debuut album De La Rey het pas 5 keer goud bereik.

In Februarie 2006, word Bok van Blerk se debuut CD, Jy praat nog steeds my taal in Suid-Afrika vrygestel. In Oktober 2006 herdruk die vervaardigers van Mozi Records (Sean Else en Johan Vorster) die CD as ... De La Rey en sluit die epiese musiekvideo in, gereken deur MK89 as die beste musiekvideo nog ontvang. Tans is die CD nommer 3 op kykNET se program DKNT, en het dit op 2 November 2006 goue status bereik.

Bok van Blerk (kunstenaarsnaam van Louis Pepler, 'n boorling van Boschkop, Donkerhoek se wêreld, noord van Pretoria) is trots Afrikaans en elke stukkie musiek op sy CD drup van heerlike kultuur. Van die voet in die hoek treffers soos "'68 Cevy (Minki)", "Habana!" en "Hatfield Jol" regdeur tot die hartroerende, "So waai die wind" en die magtige volkseie ... "De La Rey" met as aanvangswoorde: "De la Rey, De la Rey, sal jy die boere kom lei De la Rey. De la Rey, Generaal, Generaal, soos een man sal ons om jou val, generaal De la Rey ..."

Bok van Blerk sing hier van genl. Koos de la Rey - " 'n man van durf en daad, 'n man van aksie, 'n man met gewete, 'n ware leier wat, indien hy vandag gelewe het, nie net ons volk nie, maar die ganse Suid-Afrikaanse nasiedom sou help vorder het tot by daardie wonderlike land wat die Nuwe Suid-Afrika nog altyd veronderstel was om te wees. Dit is waaroor hierdie veelbesproke lied gaan." (Koos Kombuis)

"Met sy platinumtreffer het hy en sy generaal 'n volksenuwee raakgeboor. Watter debát het nie vlamgevat oor Afrikanerskap, oor kultuur, oor wortels nie. Dis 'n quo vadis, Boere - met ondertoon van 'n nuwe Afrikaner-na­sionalisme, die eerste 'struggle song' van die nuwe Boere-Afrikaners." (Hanlie Retief, Rapport, 27 Jan. 2007)

Die De la Rey-generasie, word hulle genoem.


Koop / Buy De La Rey die liedjie in MP3-formaat ...

De La ReyKoop / Buy De La Rey ...





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner