AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Johannes Kerkorrel: Hoe ek voelOp 12 November vanjaar sal Ralph John Rabie, aan ons beter bekend as Johannes Kerkorrel, vyf jaar dood wees. Maar in die sowat 15 jaar wat hy as kunstenaar tussen ons was, het hy 'n onuitwisbare indruk gemaak. Nie net was sy Eet kreef-album een van die voorlopers (tesame met die werke van Anton Goosen, Koos Kombuis en Bernoldus Niemand) van 'n nuwe beskouing van die uitwerking van apartheid nie, dit het direk aanleiding gegee tot die Voëlvry-beweging. En enigeen wat deur die Voëlvryes geraak is, weet dat dit ons vir altyd anders laat kyk het na onsself. Vandag, in die tyd van 'n nuwe vlaag "protes-musiek," is die werk van Kerkorrel dalk meer gepas as ooit. Hy was 'n styder, 'n softie, 'n intense en soms ook gepynigde man. Hy het nie net op die politieke landskap 'n indruk gemaak nie. Sy onvergeetlike weergawe van "Al lê die berge nog so blou" word steeds as een van die eerste openlike Afrikaanse gay-anthems beskou. "Sy woorde sal ek steeds onthou..." InniBos bring vanjaar hulde aan die totale ouvre van Kerkorrel se werk, ook sy latere, meer pop-gedrewe musiek; die invloede wat hy uit Europa saam teruggebring het; sy triomftogte maar ook sy wroeginge ... Aan die hand van sy musiek gaan van sy grootste ou vriende, Stef Bos en Amanda Strydom, saam met van die nuwe (ou) jong kanonne wat hy diep geraak het, Jan Blohm, Valiant Swart en Andries Bezuidenhout, hom in herinnering roep. Die opwindende musikale regisseur Janine Neethling (wat onlangs verantwoordelik was vir die regie van Soweto Story) het die verwerkings gedoen. Die kunstenaars sal elkeen ook hul eie huldeblyk-song wat aan JK opgedra is, kom sing. Johannes Kerkorrel - 5 jaar later. Sien dit by InniBos 2007. |
Musiek |