Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Lukraaketaar

Amelia Mulder

Die Suid-Afrikaanse musiekbedryf het in die verlede al 'n wye verskeidenheid van sangduo's opgelewer. Dink maar aan Herbie en Spence, Groep 2, Des en Dawn, Cora Marie en Cupido, Die Coleske's, Francois en Elizabeth en meer onlangs die talente opgelewer deur die sangkompetisie vir duo's, Zing. As 'n mens so na bogenoemde voorbeelde kyk sou jy dalk kon glo dat soetsappigheid 'n vereiste is vir die sing van duette in Suid-Afrika. Lukraaketaar smoor egter daardie gedagte in sy gekke konsepsie met sy nuwe, selfgetitelde album uit die alternatiewe rockstal.

Die album is aan die publiek bekend gestel by 'n paar venues in die Kaap, waarvan ek die een by die Klein Libertas Teater in Stellenbosch bygewoon het. Hierdie teater het in die afgelope klompie jare 'n transformasie ondergaan van gemeenskapsteater tot uitgebreide binne-en buitelug teater- en musiekvenue met ten volle toegeruste kroeg, kaggel en kuierarea. Dus die ideale plek vir so 'n geleentheid.

Te danke aan (of dalk nieteenstaande?) 'n optrede voor hul tuisgehoor was die Klein Libertas gepak met vriende, bewonderaars en nuuskieriges. Selfs die omstrede boereheldbewonderaar, Louis Pepler, is in die gehoor opgemerk. Die Lukrakers is voorafgegaan deur 'n vriend op stem en kitaar, waarna hulle in ligluimige geselstrant die verhoog bestyg het. Hulle het 'n repertoire van liedere vanaf die album gedoen asook enetjie wat nie die kat [sic] gemaak het nie. Die gehalte was deurentyd wat 'n mens nou al van Lukraaketaar te wagte kan wees en 'n mens sou net kon hoop dat gogga nie weer vir baba sal bangmaak met praatjies oor geskeide paadjies nie. Daar sal 'n leemte wees in Afrikaanse musiek sonder hulle.

LukraaketaarLukraaketaar is nie die duo se eerste CD nie, alhoewel dit snitte bevat van die EP, Fop Genade af. Volgens die groep se Myspace blog wou hulle, eerder as om 'n heruitreiking te doen van Fop Genade, graag hierdie keer 'n vollengte produk bied en het hulle ook drie musiekvideo's daarop ingesluit.





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner