Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Hond se Gedagtes

Die vierde album van SkallaBrak is hier en Hond se Gedagtes beloof om een van die beste Afrikaanse rock albums te wees van 2007!

Dit is duidelik dat daar nog byt is in die brak en die album kan reg deur geluister word sonder dat jy vir 'n oomblik verveeld raak. Die album bevat 'n baie goeie balans van verskillende rock style en die groep verbaas met 'n akapella lied uit die boonste rakke. Deon du Toit (een van die lede van SkallaBrak en ook die produksieleier) is baie positief oor die album en glo dat Hond se Gedagtes nog diep spore gaan trap in die Afrikaanse musiekbedryf . Die besonderse album kom uit die pen van Schalk Maas, terwyl Hendrik Gersbach en Deon du Toit ook baie bygedra het tot die kreatiewe proses.

SkallaBrak het bekend geraak as 'n 4-stuk Afrikaanse rockgroep maar het nou verander en vergroot na 'n vyfstuk. Stigterslede Hendrik Gersbach (Akoestiek & Leiersanger) en Schalk Maas (ritme elektries,sang, bekfluitjie & trekklavier) se nuwe brake (lede) is Deon du Toit (leier elektkries, ritme elektries & sang), Wiehahn van Tonder (Baskitaar & sang) en Willem Prinsloo (dromme & perkussie) wat nou deel van die groep is. Die klank is baie voller en die gees loop oop ketels met die vyfstuk. Dit is 'n moet om 'n SkallaBrak vertoning te gaan kyk as jy lus is om 'n bietjie gees te vang.

Daar is verskeie snitte op die album wat 'n groot impak op gehore gaan maak. "Afrikaner Afrikaan" is die snit wat SkallaBrak as die meer liberale "De La Rey" sien. "Die liedjie gaan hoegenaamd nie oor kleur nie, dit gaan oor hoe om 'n Afrikaner en 'n Afrikaan te wees, mekaar te vergewe, mekaar te help en mekaar lief te he", se Schalk.

Hond se GedagtesDan is daar ook liedjies soos "Murraystr. 5B", "Blou Jeans" en "Blou Pad" wat vanaf die tweede album, Musiek vir my Spaceship, kom maar nou heropgeneem is. Die nuwe werke is "K.K.K.K", "Koning van Kasteelstraat", "Elke hond kry sy dag", "Passasier" en "Hoe gaan dit nog met jou". Hond se Gedagtes bevat slegs oorspronklike liedjies behalwe vir een snit van hulle kultuurheld David Kramer. "Piet Bedien" is een van SkallaBrak se gunsteling liedjies en gee ook 'n ander dimensie aan die album.

Elke hond kry sy dag en nou is dit Skallabrak se beurt!
Koop / Buy Hond se Gedagtes ...





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner