Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Jannie en die Broers

Die Broers, Jannie Moolman en Annake de Villiers span saam om wat beloof, een van die mees opwindende vierstemmige produksies te wees.

Die Broers en Jannie Moolman laat verskillende style in een produksie werk. Hierdie vier uiteenlopende stemme harmoniseer geweldig goed saam ten spyte van die kunstenaars se verskillende musikale agtergronde en musiekstyle wat hulle in 'n kragtoer kombineer.

Jannie Moolman, met sy baritonstem, en Annake de Villiers op viool ontleen onberispelike styl uit hul klassieke agtergrond terwyl die opgewekte gees van Die Broers sprankel by hierdie produksie voeg.

Die vertoning word deurgaans lewendig gehou met virtuose vioolspel, akoestiese kitaar, klawerbord, elektriese kitaar en selfs die bazooka.

Die noukeurig saamgestelde program bied onder meer treffers wat die onderskeie kunstenaars bekend gemaak het, soos 'Trein na Margate' (Christo en Cobus), 'Nessun Dorma' (Jannie Moolman), 'Jonk Bly' (Nic Stevens) en 'Bach Toccata' (Annake de Villiers).

Konsertgangers kan ook uitsien na bekende treffers soos 'You Raise me up' (Josh Groban), 'Liefling' (Gé Korsten), 'Vir Jou' (Coenie de Villiers) en die groot romantiese treffer 'All for Love' (Pavarotti en Bryan Adams). Van hierdie ou bekendes kry 'n splinternuwe baadjie. Aan die ander kant is daar ook nuwe treffers wat aan die program 'n gebalanseerde samestelling gee.

Wat hierdie vertoning uiters uniek maak, is die feit dat al die kunstenaars volledig deel word van mekaar se genres en musiekstyle.

Of jy nou 'n aanhanger is van een of almal van die kunstenaars, en of jy net op soek is na 'n fantastiese musikale ervaring, hierdie konsert moet jy nie misloop nie!
Sien dit by die Gariepfees





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner