AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . Afrikaanse sangers steun PretoriaTop Afrikaanse sangers - soos Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Kurt Darren en 22 ander bekendes - gaan op 17 November tussen 08:00 en 15:00 op Kerkplein in Pretoria hulle steun vir Pretoria se naam wys deur op te tree by 'n Afrikaanse musiekfees wat deur AfriForum ter viering van Pretoria se 152ste verjaarsdag gereël word. Toegang is gratis en geen voorafbesprekings is nodig nie. AfriForum, die burgerregte-inisiatief wat deur Solidariteit gestig is, bied hierdie musiekfees in samewerking met die dagblad Beeld aan. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, word geen toegangsfooie gevra nie om aan soveel mense as moontlik en veral gesinne die geleentheid te bied om hulle steun vir Pretoria se naam te kom wys. "Die publiek is welkom om 'n piekniekmandjie, opvoustoel en kombers te bring en die dag van vroeg af saam te kom geniet", het Kriel gesê. Kerkplein was sedert Pretoria se stigting in 1855 'n plek van gesellige samekoms en dit is volgens Kriel gepas dat Pretoria se 152ste verjaarsdag weer op dié plein gevier word. Die ander sangers wat saam met Steve, Bok en Kurt gaan optree is: Bobby van Jaarsveld, Lianie May, Freddie Nest, Jacques de Coning, Pieter Smith, DJ Ossewa, Beeskraal, Mel Botes, Adam Tas, Elizma Theron, Anton Myburg, Nadine Blom, Hennie Smit (Bertie van Egoli), Pieter Naudé, Marlene Schalkwyk, Caroline Bosch, Etiene de Koker, Pierre du Preez, Jofranie, die Rodeo Girls en Staalsnaar. Neels Ackerman en sy boere-orkes sal na afloop van al die sangers se optrede om 14:00 aan die beurt kom. Sean Else - die komponis van die liedjie De la Rey en self 'n bekende kunstenaar - gaan as seremoniemeester optree. |
Musiek |