Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Tweede Seisoen

Tien jaar het verloop sedert Louis Fivaz sy debuutalbum uitgereik het. Op 35 is hy 'n volronde kunstenaar wat tréf met stem, musiek en liriek.

Met die liedjies "Stamp aan die deure van my hart" (dansvloergenot!), "Sunnyside se strate" (stoute jeugherinneringe) en "Misdaad" (sosiale bewustheid) voeg hy 'n drietal stewige liedjies in uiteenlopende style aan die Afrikaanse musiekskat toe.

Oor sy album Tweede Seisoen sê Louis: "Dit is 'n volwasse album. Ek glo aan wat ek sing. Ek is nou eers reg vir wat van my verwag word: 'n sanger moet waarde toevoeg in die spesifieke konteks waarin 'n liedjie geskryf is."

Die repertoire van dié album is met doel geskryf en gekies en elkeen pas Louis se luisterryke stem aangrypend. Louis het self tien van die luistervriendelike liedjies geskryf. Louis se eie werk is radiovriendelike skeppings, gekap aan persoonlike ervarings en realiteit. Hy lewer graag sosiale kommentaar - met 'n ligte politieke ondertoon.

Tweede SeisoenTussen die tréfwerk hierop is die liedjies "Beautiful verby", "Londenliefde", "Kinderdae", "Sunnyside se strate", "Ek sê maar good bye", "Brug na jou hart", "Stamp aan die deure van my hart", "Raak stil" en "Misdaad".

Hy interpreteer 'n aantal liedjies deur ander skrywers met boeiende waardigheid: Richard van der Westhuizen se "Tussen treine", Anton Goosen se "SMS", Gian Groen se "Piet my vrou", Lucas Maree se "N1 roete" en Gerhard Steyn & Kobie Koen se "Psalms van 'n digter". Met Louis se sielvolle vertolking hiervan kry dié liedjies 'n ander wydreikende waarde. Louis is 'n knap storieverteller en sy forté is die ballade.

Dié suksesvolle sakeman (hy's besturende direkteur van 'n nasionale makekerlaarsmaatskappy en direkteur van vyf ander maatskappye), omgee-eggenoot en trotse pa van 'n seun, was op sy dag 'n Cravenweekrugbyspeler (spankaptein in sy matriekjaar) en 'n lid van die Vrystaatse jeugkoor.

Hy het 'n beurs ontvang om in die ingenieursrigting in die Lugmag te studeer en tydens sy opleiding was hy ook deel van die vermaaklikheidsgroep.

Louis se passie is liefde, politiek en sport. Hy is versot op die kunste, oorsese reise en lekker kos.

Sy lewenspassie is ook die stempel van sy album Tweede Seisoen - 'n album met 'n gesonde balans tussen jolige dansmusiek én diepsinnige luisterliedere.
Koop / Buy Tweede Seisoen ...





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner