AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Weer - Min.
Weer - Maks.
Weer - Reën
Winkels
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . Miriam MakebaMiriam Makeba, of soos sy bekend was, Mama Afrika, het gister aan 'n hartaanval beswyk. Sy was 76. Miriam Makeba se volle name was Zenzile Makeba Qgwashu Nguvama Yiketheli Nxgowa Bantana Balomzi Xa Ufun Ubajabulisa Ubaphekeli Mbiza Yotshwala Sithi Xa Saku Qgiba Ukutja Sithathe Izitsha Sizi Khabe Singama Lawu Singama Qgwashu Singama Nqamla Nqgithi. Sy is in Johannesburg gebore in 1932. Miriam Makeba was nie net 'n sangeres nie, maar ook 'n vurige kampvegter teen Apartheid. Sy is in 1963 van haar burgerskap ontneem nadat sy by die Verenigde Nasies teen die Suid-Afrikaanse regering getuig het. Makeba se sangloopbaan het in 1950 begin saam met die Manhattan Brothers. Dit was egter eers na haar verskyning in die dokumentęr Come Back, Africa in 1959 dat sy węreldwyd bekend geraak het. In dieselfde jaar was sy ook in die musiekblyspel King Kong saam met die bekende musikant Hugh Masekela, met wie sy later sou trou. ![]() In 1966 het sy 'n Grammy-toekenning ontvang vir haar album saam met Harry Belafonte, An Evening With Belafonte/Makeba (1965). Sy is ook in 2000 vir 'n grammy benoem vir haar album Homeland (2000). In 1974 was sy een van die kunstenaars by die Rumble in the Jungle, die bekende boksgeveg tussen Muhammad Ali en George Foreman in Zaďre (vandag die Kongo). Miriam Makeba het ere-burgerskap van 10 lande gehad en was op 'n tyd Guinee se verteenwoordiger by die Verenigde Nasies. Sy is oorlede in Castel Volturno in Italië, kort na afloop van 'n konsert ter ondersteuning van die skrywer Roberto Saviano en sy stryd teen die mafia. (foto Mark Oppenheimer) Miriam Makeba (video - Pata Pata) |
Musiek |