AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . Van Coke Kartel - Februarie Fools ToerVan Coke Kartel bou voort op die musiek wat Fokofpolisiekar as die mees bekende Afrikaanse rock groep in Suid Afrika gevestig het. Francois van Coke (voorsanger) en Wynand Myburgh (baskitaarspeler) van Fokofpolisiekar, span kragte saam met dromspeler Justin Kruger en staan bekend as Van Coke Kartel. Van Coke Kartel se selfgetitelde debuutalbum is in November 2007 uitgereik. Die musiek is rou en donker Rock op sy hardste. Van Coke Kartel het dadelik beide aanhangers en media* met hierdie eerste album beďndruk en is so gewild dat hulle gekies is as een van die Suid- Afrikaanse groepe om saam met internasionale bekendes Muse, Korn, 30 Seconds to Mars etc by My Coke Fest 2008 op 24 Maart by Kenilworth Racecourse op te tree. Van Coke Kartel het `n baie suksesvolle kustoer in Desember 2007 voltooi en is vanaf 12 - 21 Februarie weer op die pad om vir die eerste keer in Johannesburg, Pretoria en Bloemfontein op te tree.
`n Video van die eerste radiotreffer vanaf die album "September Fools" sal vanaf middel Februarie 2008 op MK te sien wees. Koop / Buy Van Coke Kartel MP3's ... (net een of almal) |
Musiek |