Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Seks

(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.)

Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Seks 101

Vrae en opmerkings kan HIER vir Marthie gestuur word. Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal egter NET in Marthie se afdeling beantwoord word. Lesers moet asseblief geduldig wees. Die afdeling is uitsluitlik bedoel vir die uitruil van inligting ter wille van beter volwasse seksuele opvoeding en / of hulp.
Gebruikers het die geleentheid om van Marthie se dienste gebruik te maak buite hierdie afdeling. Gebruik asseblief hierdie vorm om 'n afspraak met Marthie te maak.

G-skoot - Die skoot laag deur

'n Orgasme is omtrent gewaarborg vir elke vrou. Keer op keer op keer.
Of so sê hulle.

Is jy 'n vrou? Laat die woord orgasme jou dink aan 'n verafgeleë, idilliese eiland waar jy selde voet aan wal sit? Dan is die G-skoot (G-shot of orgasm jab) dalk net die ding vir jou. Volgens die verskaffers werk dit vir 87% van alle vrouens.

Die G-skoot is 'n kollageeninspuiting direk in die G-kol. Ja, iemand druk 'n vlymskerp naald in jou G-kol. As dit nie reaksie uit jou kry nie sal niks nie. Maar wees nie bevrees nie. Daar is wel verdowingsmiddels betrokke. Dis nou as jy wil hê.

Hierdie inspuiting maak jou G-kol meer sensitief. En wyer! En hoër! Dit staan meer as 'n halwe sentimeter uit. 'n Vulkaan! Selfs mans sal dit kan vind.

Jy sal vier ure moet wag na die inspuiting voor jy seks het, maar dan kan jy jou voorberei vir die mees intense orgasme wat jy al ooit gehad het.

Hoop en bid net jy is nie in die minderheid wat newe-effekte ervaar nie. Dit sluit in swelling, intense jeuk en selfs bloeding. Die inspuiting hou ook net vir vier maande.

Die G-skoot is al 'n tyd lank in die VSA beskikbaar, maar het eers vanjaar die Britse eilande bereik. Die slegte nuus is dat dit nog nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie. Jy sal moet belê in 'n vliegtuigkaartjie Europa toe elke vier maande en dan nog sowat R12 000 moet opdok per inspuiting.

Klink die moeite werd!

Seks
A
B
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
V
W



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner