Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Seks

(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.)

Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Seks 101

Vrae en opmerkings kan HIER vir Marthie gestuur word. Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal egter NET in Marthie se afdeling beantwoord word. Lesers moet asseblief geduldig wees. Die afdeling is uitsluitlik bedoel vir die uitruil van inligting ter wille van beter volwasse seksuele opvoeding en / of hulp.
Gebruikers het die geleentheid om van Marthie se dienste gebruik te maak buite hierdie afdeling. Gebruik asseblief hierdie vorm om 'n afspraak met Marthie te maak.

Moeg vir seks

****** ***** skryf: "Ek en my man is al 9 jaar getroud en het 2 kinders ons seksdrang het net alhoe minder geword as ek wil dan is hy te moeg en as hy wil dan is ek te moeg, kan dit enigsins ly tot probleme in die huwelik en wat kan ek doen om weer die lewenslus terug te kry."

Antwoord: Seks is 'n belangrike deel van enige gesonde verhouding. Julle is nie uniek nie. Meeste mense se sekslewe gaan gebuk onder hierdie verskoning: "Ek is te moeg."

Meeste mense volg nie 'n gebalanseerde dieet nie, kry te min oefening, gebruik te veel alkohol of ly aan stres. Hierdie, of 'n kombinasie hiervan, is die grootste oorsake van die moegheid. Die slegte nuus is dit raak net erger soos jy ouer word. Om uit die groef te kom gaan 'n definitiewe besluit verg om iets te doen, om reg te eet en oefening te kry. Ander oorsake is rook en te lang ure werk.

Daar is egter ook 'n paar ander dinge waarmee jy verandering in jou sekslewe kan aanhelp. Nommer een is om te dink aan seks. Gaan stap 'n ent of lê in die bad en visualiseer 'n stomende sekssessie. Probeer om nie te dink aan die kinders of wat jy nog moet doen nie. Dink seks!

Eksperimenteer! Probeer nuwe posisies of seksspeelgoed. Jy kan selfs vreemde plekke uitsoek om seks te hê. Sorg net dat die kinders erens anders is.

Kommunikeer! Stuur vir jou maat 'n sexy SMS of e-pos. Bel hom en haal hard in sy oor asem - sê tog net dit is jy. Dit is maklik om hom lus te maak as jy lus is.

Laastens is dit belangrik dat julle genoeg rus kry.

Seks
A
B
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
V
W



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner