AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.) Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Seks 101Vrae en opmerkings kan HIER vir Marthie gestuur word. Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal egter NET in Marthie se afdeling beantwoord word. Lesers moet asseblief geduldig wees. Die afdeling is uitsluitlik bedoel vir die uitruil van inligting ter wille van beter volwasse seksuele opvoeding en / of hulp. Ou liefdeAnoniem skryf: "Ek en my man is nou 'n paar jaar getroud, ons het 2 wonderlike kinders, en sal hulle vir niks verruil nie. Ek was egter nie so skroom in my universiteits dae nie, en my man weet niks van my verlede nie, ek het hom maar min vertel. Ek voel asof hy my sal beoordeel daarvoor, en ek wil nie die goeie indruk wat hy nou van my het minder maak nie. Ek het wel op een van my beste vriende afgekom en ons het gegaan vir koffie. Ek en sy broer was verlief, maar op daardie stadium was ek bang om seer te kry en het dit stop gesit voor dit kon verder gaan. Sy broer het universiteit verlaat voor die jaar om was, hy konnie sonder my meer voortgaan nie. Hy het deurmekaar geraak met verkeerde mense en het selfs bietjie tyd in die tronk moes deurbring. Ek voel so skuldig daaroor. Wat as...... Ek en sy broer was toe maar altyd saam en het na mekaar gekyk, hy het altyd sy vriendinne gehad en ek my vriende, maar ons was altyd daar vir mekaar. Na universiteit ( hoe ons geslaag het weet ek tot vandag toe nie, of kannie onthou nie ...) het hy op sy moterfiets die land gaan toer en ons het kontak verloor. Maar toe ons nou weer ontmoet vir koffie, was ek terug op universiteit en ek het onthou hoe dit was om bietjie te leef en nie net deur elke dag se roetine te gaan nie. Hy het erken dat hy nogsteeds smoor verlief op my is en het selfs daaroor gehuil. Ek kan die man nou nie uit my kop uit kry nie. Ek en my man is gelukkig getroud maar ek voel partykeer ons het geen passie nie. Waar my ou vriend nog nooit sy passie vir my verloor het nie. Ek voel weer of my hormone met my gaan weghardloop soos toe ek 16 was. My handpalms sweet en ek voel of my bors gaan oopbars. Ons sal nooit verder gaan as hande vashou nie, ons respekteer mekaar te veel. Maar ek sal ook nooit weer ophou om hom te sien nie, dit weet ek, en ek is bang my lewe wat ek hier vir my met baie sweet opgebou het gaan inmekaar tuimel. Ek skree om hulp, asseblief help my." Antwoord: Die spreekwoord lui nie sonder rede: "Ou liefde roes nie." Indien jy iemand waarlik lief gehad het dra jy maar altyd so ietse daarvan met jou saam. Soms is dit egter nie veel meer as die gedagte aan gedeelde ervarings nie. Dit is altyd lekker om terug te dink aan die verlede, want ons is van nature geneig om net die goeie en lekker tye te onthou. Wie sou byvoorbeeld nie weer terug op universiteit wou wees nie. Gestel jy het destyds met die man getrou. Julle liefde sou waarskynlik dieselfde paadjie geloop het as die van jou en jou man. Kon selfs nie eens so goed afgeloop het nie. Dit het selde goeie gevolge indien mens jou deur jou skuldgevoelens laat lei. Probeer besluite neem wanneer jou gedagtes helder is. En moet nie die euforie wat jy saam met hom ervaar verwar met helderheid nie. Mens gaan meeste van die tyd iemand begeer wat jy (nog) nie gehad het nie. Verliefdheid is 'n heerlike gevoel, maar die realiteit sal altyd weer intree. Dan is dit gewoonlik te laat. Hierdie pad waarop jy nou is eindig selde goed. Miskien moet jy begin dink om terug te stap op jou en jou man se paadjie. Dink aan die goeie tye wat julle saam gehad het. Julle kan dit weer herontdek. | ||