AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.) Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Seks 101Vrae en opmerkings kan HIER vir Marthie gestuur word. Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal egter NET in Marthie se afdeling beantwoord word. Lesers moet asseblief geduldig wees. Die afdeling is uitsluitlik bedoel vir die uitruil van inligting ter wille van beter volwasse seksuele opvoeding en / of hulp. Seks en liggaamlike problemeE****** ***** skryf: "Ek het 'n gewas in my rugmurg laat verwyder, het bestraling gekry, het geen lus vir seks nie, het my skildklier en hormone laat toets alles is normaal. Die skade van die gewas het ek nie al my gevoel van my bene en linkerarm nie en so ook my vagina, die gevoel by haar is nie heeltemal terug nie, ek is al rasend, my man is so geduldig en verstaan my probleem, maar ek sal iets daaraan moet doen, een of ander tyd gaan ons huwelik daaronder ly. Hoop jy kan my help." Antwoord: Op die stadium weet jy nog nie of die verlies aan gevoel permanent gaan wees of nie. Indien die gevoel herstel kan word moet jy die vaginale spiere oefen wat jy gebruik om te knyp as jy 'n piepie het. Indien jy nie seker is watter spiere nie kan jy twee vingers in jou vagina plaas en hulle probeer vasknyp. Die spiere wat jy dan gebruik is die wat jy moet oefen. Volgens sekere kenners sal die versterking van hierdie spiere help met die herstel van gevoel in die vagina. Die oefening word ook aanbeveel vir ouer dames. Jy doen die oefening deur een keer per dag gemaklik te sit en hierdie spiere so 10 keer agtermekaar saam te trek. Maak seker jy ontspan alle ander spiere. Wanneer jy dit maklik regkry kan jy elke sametrekking vir so 'n paar sekondes te hou. Elke week kan jy die sametrekkings vermeerder. Dit sal so 'n paar maande neem voor jy die resultate begin sien, so moet nie moed verloor nie, dit is uiteindelik die moeite werd. | ||