|
(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.)
Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Seks 101
Vrae en opmerkings kan HIER vir Marthie gestuur word. Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal egter NET in Marthie se afdeling beantwoord word. Lesers moet asseblief geduldig wees. Die afdeling is uitsluitlik bedoel vir die uitruil van inligting ter wille van beter volwasse seksuele opvoeding en / of hulp. Gebruikers het die geleentheid om van Marthie se dienste gebruik te maak buite hierdie afdeling. Gebruik asseblief hierdie vorm om 'n afspraak met Marthie te maak.
Ek kom te gou
****é *** *** ***** skryf: "Ek is 27 en my meisie in 25. Wanneer ons (veilige) seks beoefen, gebeur dit soms dat een van ons gouer 'n klimaks bereik as die ander een. Hoe kan ons maak dat ons tegelyktydig 'n orgasme kan bereik?
Mooi week vir jou."
Antwoord: Bly om te hoor julle is veilig. Dis nou dalk die tyd om te noem dat mens nie gelyk MOET kom nie. Seks gaan oor wedersydse genot. Solank albei dit besef maak dit nie juis saak wie wanneer kom nie. Dit is egter lekker om van tyd tot tyd saam te kom. Kom jy te gou? Dan is daar baie raad op hierdie blad vir jou. Soms is dit ook 'n geval van tydsberekening. Soos jy jou bedmaat en jouself leer ken sal jy min of meer 'n idee kry vir wanneer om wat te doen sodat julle saam kan kom. M.a.w. gee aandag aan jou maat en hoe haar liggaam reageer. Julle sal albei daarby baat in die toekoms.
J*** *** *** skryf: "EK IS 30, FIKS, GESOND, ROOK EN DRINK NIE EN GEBRUIK NIE MEDIKASIE SO IN BAIE MENSE SE OE N GESONDE MENS MAAR AS DIT IN DIE BED KOM VAL EK HEEL UIT DIE BUS. EK KOM HEELTEMAL TE VINNIG EN KAN N VROU GLAD NIE BEVREDIG, DIT GEBEUR SOMS SOMMER NOG VOOR DIE DAAD BEGIN HET. EK HET NIE N PROBLEEM OM STYF TE WORD NIE, MAAR DIE OOMBLIK AS EK GEKOM HET WORD DIT PAP. NA N HALFUUR IS EK WEER REG EN DAN VAT DIT OOK BIETJIE LANGER OM TE KOM. KAN JY HELP ASB?"
Antwoord: Ben gee hieronder oefeninge aan wat jy kan doen en lees ook ander se raad.
S****** ********** skryf:
"Elke keer as ek en my vrou intiem verkeer sukkel ek met vroeë ejakulasie. Help asseblief."
Marthie van Zyl: Ja, baie mans doen, maar meeste kry nie hulp nie en die probleem word net
erger. Daar is baie raad vir die probleem, bietjie moeilik om raad te
gee op die MIN inligting wat ek kry, maar ek gaan dit so stel ... jy moet
nou maar self kyk aan wat jy voldoen en aan wat nie ... vroeë ejakulasie
word veroorsaak deur ONDER ANDERE oorgewig, onfiksheid, te veel
rook en drink, stres, swak eet- en slaapgewoontes, knypspiere wat nie meer
so goed funksioneer nie, siekte toestande en sekere medikasie wat gereeld
geneem word, bv. vir bloeddruk probleme.
Vir siekte en medikasie moet jy jou dokter gaan sien vir hulp, vir die meeste
ander kan jy jouself help, en vir die knypspiere kan jy oefeninge
doen as jy waterafslaan: knyp die urine die heeltyd terug en laat net
bietjie bietjie uit, om dit baie gereeld en oor 'n tydperk van 'n paar weke te
doen versterk jy weer die knypspiere in so 'n mate dat die ereksie
(ejakulasie ) probleem gewoonlik homself oplos.
Mooi bly
Attie skryf: Ek is besny toe ek nog klein was so ek weet nie hoe voel seks met 'n vel nie
al wat ek wil weet is, ek kom verskriklik vinnig soos maar in onder 'n minuut en
wil net weet wat kan ek doen om langer aan te hou, ek kan heel aand aanhou
maar kom elke keer vinnig en nou weet ek nie of dit gesond is vir die
huwelik nie want ek moet haar altyd verder help en dit is asof sy nie altyd
dit wil hê nie. Ek sal bly wees as jy my kan raad gee
Marthie van Zyl: Ja, dit is 'n bietjie vinnig en kan dalk veroorsaak dat jou vrou n bietjie
langer wil aanhou. Daar is verskeie medikasie op die mark vir die tipe
probleem (jy is nie die enigste een wat daarmee sukkel nie) ek kan
ongelukkig nie iets voorstel nie, want elke mens reageer verskillende op
elke medikasie. Jy sal moet toets tot jy een kry wat werk vir jou, daar is
ook eenvoudige oefeninge wat jy sommer dadelik kan begin. As jy jou blaas
leeg maak, knyp die urine kort kort terug, as jy gewoond geraak het aan die
gevoel, kan jy dit sommer deur die loop van die dag oefen, na 3 maande en
BAIE knyp los knyp los, verbeter die probleem oor die algemeen sommer
vreeslik baie. Blaas spiere word slap en het onder andere tot gevolg dat
mans te vinnig kom. Jou vrou kan dit ook oefen, dan sal sy ook stywer
kan knyp gedurende seks, en dit vir jou hemel op aarde maak, maar kry
jouself eers reg, anders kom jy nog vinniger ...
Anoniem vra:
"Kan viagra help vir Premature ejaculation?"
Marthie van Zyl:
Ja, indien Viagra wel help vir die persoon wat dit gebruik sal dit uit die
aard van die saak ook help met premature ejakulasie. Viagra werk egter nie
doeldreffend vir alle mans nie, en indien dit nie help met 'n man se ereksie
nie sal dit ook nie help met ejakulasie beheer nie.
Daar is egter talle middels op die mark wat met die probleem kan help, nader
'n uroloog in verband hiermee.
John Doe skryf:
"Ek het al baie probeer sin maak uit hoekom vrouens langer vat as mans om klimaks te bereik. Ek het seker gemaak dat ek my vrou goed voorberei, maar steeds kry ek dit nie reg om uit te hou nie. Ek kan voel sodra sy naby haar klimaks is, en dan is dit vir my of ek wil mal word. Elke keer stop ek, en dit veroorsaak dan dat sy belangstelling verloor. Ons het 'n great huwelik, baie lank al saam, en ek wil graag hê ons moet ons goeie jare saam geniet. Beide van ons is nog onder 30.
Dit gebeur wel dat ons saam klimaks bereik, maar slegs aande waar ons bietjie gekuier het, dis asof ek dan minder voel, of meer wilskrag het. Ag ek weet nie.
Nog 'n ding is, sodra my vrou die eerste keer klimaks bereik het, is dit vir haar dan verby. Ek wil nog aangaan, maar sy wil nie. Hoekom sal dit wees?"
Ben:
Jy kan begin met die oefening van Masters and Johnson wat ek elders op die blad beskryf. Nog iets wat jy kan probeer is visualisering. Indien jy voel jy kom te naby aan fyndraai kan jy negatiewe gedagtebeelde probeer oproep wat moontlik 'n uitwerking op jou ereksie kan hê. Probeer ook om jou voorspel te verander. Praat meer met haar oor waarvan sy hou en wat sy graag sou wou doen.
Dit is nie vreemd dat alkohol help om van julle inhibisies oor seks ontslae te raak nie. Dit is heel moontlik dat jou orgasme uitgestel word omdat jy minder emosioneel betrokke is. Dit is net so moontlik dat jou vrou ook makliker tot orgasme kom omdat sy beter voel oor haar liggaam en seksualiteit.
Kom-masjien skryf:
"Ek is 19jaar oud en dink ek sit met n probleem, ek en my girl wat ook 19 is, gaan nou al so 8 maande uit maar ons kan nie meer seks hê nie want ek kom te vinnig. Ons is seker 2 minute op die job dan is ek in die rooi... Wat gaan aan?"
Ben:
Dis nie vreemd vir jong mans om te gou te kom nie. Beheer word soms net met ouderdom aangeleer. Sien die raad wat ek hieronder gee.
S**** skryf:
"Ek is nou 19 jaar terug in matriek gewees maar kyk daar is 'n ding wat my moer baie pla man!
Ek en my girl het so 6 maande uitgegaan en ag, om eerlik vir jou te sê, seker so 3 keer 'n maand bietjie ge-operate... Elke keer kom ek te gou. Ek sweer ons pomp seker vir 3 minute dan is ek in die rooi...
Wat stel jy voor of wat dink jy is dit?"
Ben:
Indien dit oornag begin gebeur het stel ek voor jy gaan spreek jou dokter. Ek beskryf ook 'n oefening hieronder iewers wat jy kan doen om jou orgasme / ereksie beter te kan beheer.
Kobus skryf:
"Ek gebruik Viagra, nie omdat ek sukkel met ereksies nie, maar juis vir "te gou kom". Die Viagra maak my so styf dat dit amper pyn. Dit gee my daardie bietjie uitstel wat mens partykeer nodig het. Die ander groot voordeel is dat jy dan ook nie dadelik pap word na jy gekom het nie. M.a.w., is vroulief nog nie klaar nie, is jy nog styf genoeg om vir haar te wag. Ek gebruik dit ongereeld. Daardie dae as ek baie moeg voel of nie regtig in die bui vir seks is nie."
Jason skryf:
"Man ek en my verloofde is nou al bietjie oor die twee jaar
saam met n baie gelukkige lewe, maar iets begin nou baie
krap, ek klimaks so blerrie gou, ek bedoel dit gebeur binne
die eerste minuut of twee en ek raak nou dik daarvoor. Ek
was by Mens Clinic gewees en hulle het my pille gegee wat
nie gewerk het nie. Ek is weer terug en toe gee hulle my inspuitings wat ek self moet doen en dit hou my penis vir 'n
hele uur stokstyf, maar dit is ongemaklik om altyd myself
in te spuit en dit pla my verloofde want sy kan nie so lank
uithou, sy kla ook dat na die eerste halfuur begin sy baie
seer kry. As ek gaan vir besnyding sal dit help om langer uit te hou
of is daar iets wat ek daarvoor kan gebruik?"
Ben:
Soos altyd stel ek voor jy oefen om jou orgasme en ereksie te beheer. Ek beskryf die metode hieronder. Persoonlik sou ek nie besnyding aanbeveel nie.
Olie skryf: "Ek het ´n probleem dat ek te gou ´n orgasme bereik, tussen 2 tot 3 min. Ek het al verskeie rate en raad probeer sonder enige sukses. Nou wil ek net graag weet, indien ek Viagra sou gebruik, sou ek nie langer neem om ´n klimaks te bereik nie?"
Ben:
Indien jy nog nie my raad hieronder gelees het nie stel ek voor jy probeer dit eers.
Sover ek weet word Viagra net voorgeskryf vir mans wat sukkel om ´n ereksie te kry of lank genoeg te behou.
Daar is sekere rome op die mark wat sommige mans beweer werk vir hulle. Jy kan ook ´n kondoom gebruik om gevoeligheid te verminder. Ek het wel ook al gelees van ´n studie waarin Paxil en Viagra na bewering suksesvol saam gebruik is vir premature ejakulasie. Ek stel voor jy gaan bespreek jou opsies met ´n geneesheer.
Ek het die volgende vraag ontvang:
"Hallo Ben
Ons is raadop. Ons het nou net seks gehad (sorry, ons wou
nou net seks gehad het) toe iets ongewoon en onverwags gebeur. Nog voordat
ek by die daad kon uitkom, het ek al reeds gekom. Is dit normal, of moet ek
solank ´n afspraak by die dokter maak? Natuurlik, bygesê, is my beter helfde
een deksels sexy girl.
By voorbaat dank
- SK en SP"
Ben:
Jy sê nie hoe oud jy is nie, maar dit jou probleem klink vir my soos premature ejakulasie. Kyk na die raad wat ek hieronder gee en onthou dat dit meeste mans een of ander tyd oorkom.
Ek het die volgende vraag ontvang:
"Ben
Ek sukkel baie met premature ejakulasie en ek kan dit amper so stel dat die gedagte van seks nog net in my brein begin ontwikkel, dan is die stroom al daar en alles is sopnat.
Gee asseblief vir my raad?"
Ben:
Premature ejakulasie is wanneer jy te gou kom, voor daar genoegsame stimulasie vir beide bedmaats was. Meeste mans ondervind die probleem op een of ander stadium van hul lewe. Onthou net asseblief altyd dat "te gou" nie vir almal dieselfde is nie. Sodra die man self oortuig is dat hy te gou kom is dit normaalweg ´n goeie aanduiding dat premature ejakulasie ter sprake is.
Wat presies premature ejakulasie veroorsaak is nie heeltemal duidelik nie. Dit wil voorkom of sielkundige faktore soos angs ´n rol speel. Jong mans kom ook gouer as ouer mans. Aangeleerde beheer kan dus ook ´n rol speel.
My voorstel sou wees om die Masters and Johnson-metode te gebruik om die probleem te oorkom. Wat ek van die metode hou is dat jy baie oefening nodig het om dit te oorkom :-)
Hier is hoe jy te werk gaan: Slaan hand aan die lyf en skommel tot jy amper wil kom en STOP. Ontspan heeltemal en begin weer. Hou so aan en probeer om jouself elke keer bietjie nader aan ´n orgasme te bring. Hou so aan tot jy kom.
Die idee is om jou te leer waar fyndraai vir jou lê. Die volgende stap is om ´n bedmaat te kry om jou te skommel of met die mond te stimuleer. Onthou om vir hom/haar te sê om te stop! Hou so aan tot jou penis nie meer wil regop bly nie. Julle moet dit vir ´n paar dae doen voor daar penetrasie op enige ander plek as die mond is.
Lê onder wanneer julle vir die eerste keer weer seks het. Sorg dat jou bedmaat dit nie te veel aandik nie en sodra jy voel jy wil kom moet jou bedmaat wegtrek. Ontspan heeltemal en begin weer.
Dit is ´n lang proses. Moenie moed verloor as jy hier en daar koers verloor nie. Hou net aan.
|