AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.) Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Seks 101Vrae en opmerkings kan HIER vir Marthie gestuur word. Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal egter NET in Marthie se afdeling beantwoord word. Lesers moet asseblief geduldig wees. Die afdeling is uitsluitlik bedoel vir die uitruil van inligting ter wille van beter volwasse seksuele opvoeding en / of hulp. Nie in die mood nieM*** *** ******** skryf Marthie van Zyl: Dit is n redelike algemene probleem by vrouens om na kinders, veral die 2de 'n libido probleem te ontwikkel, meeste van die tyd gaan dit van self weer terug na normaal, maar soms moet die vrou gebruik maak van n medikasie of selfs terapie. Ek sou voorstel dat jy jou dokter besoek en eers daar begin, en natuurlik moet jy jou denke ook weer reg kry, die grootste seksorgaan is die brein, en vrouens dink soms hulle LUS weg ... V skryf: Ben: Dit gaan bietjie werk kos. Eerstens moet jy kyk na die raad wat ek hieronder gee. Dan sal julle ook moet gaan sit en praat met mekaar en uitwerk presies hoe julle tyd vir mekaar kan maak. Dit is wat julle nodig het, kwaliteit-tyd met mekaar. Sodra twee persone emosioneel nader aan mekaar beweeg raak die fisiese stap baie maklik. Ek het die volgende briewe ontvang: 1) "Ek is nie in die mood nie Hoekom is ek so min in die mood vir seks? My man is meestal reg vir seks, maar dan wil ek nie. Wat is fout met my?" 2) "Ek het eers die stukkie aangehaal soos ek dit in jou antwoord gekry het. Dankie vir jou baie interessante vrae, briewe en antwoorde. Wat ek graag wil noem, is dat hierdie artikel meestal fokus op vrouens. By my is dit net omgekeerd, en iets wat baie "embarrasing" is. Ek dink meer dis ´n emosionele ding, maar wil graag bevestiging hê. Ek is baie moeg deesdae, van werk en so aan, maar is ook moeg vir my laaste paar verhoudings wat net skeef geloop het. Dit het so ´n effek op my gehad, dat ek Performa begin gebruik het. Is dit maar net moegheid en ´n gevoel van seerkry wat hierdie effek op my het - "Ek is nie in die mood nie" My laaste eks het juis met my daaroor gepraat. Sy sê sy het nog nooit ´n man teegekom wat nie lus was nie, of nie kon nie, as jy verstaan wat ek bedoel. Dan moet ek erken sy het 3 of 4 seksuele verhoudings in haar lewe gehad. Hoe elimineer ek wat fout is - hoe diagnoseer ek wat die werklike probleem is?" Ben: Daar is twee vlakke waarop mens normaalweg in die regte stemming moet wees voor jy kan oorgaan tot die seksdaad. Fisies en emosioneel. Spanning as gevolg van werk kan jou ongelukkig fisies en emosioneel nadelig beïnvloed en ´n groot demper op verhoudings en jou sekslewe plaas, so ook jou negatiewe ervaring van vorige verhoudings. Jy moet die bul by die horings pak en maniere vind om jou stres te verwerk. Indien jy dit moeilik vind stel ek voor jy soek professionele hulp. Ek sou voorstel dat jy enige vorm van medikasie vir eers vermy, tensy dit vir jou voorgeskryf is. Enige medikasie wat ´n uitwerking het op die senustelsel en onoordeelkundig gebruik word kan jou sekslewe nadelig beïnvloed. Dieselfde geld vir alkohol. Dit kan moeilik wees om die probleem self te diagnoseer. Gaan lees Help! Geen ereksie!. Probeer jou lewenstyl aanpas volgens die laaste paar punte wat ek daar noem. Ek stel ook voor jy soek professionele hulp. | ||